kategorieë: Dekor

Maak jou eie Adventskalender

Die pakkies in die rooi tas is gemaak van koerantpapier wat om ’n vorm (bv. ’n grondboontjiebotter-bottel) gerol is, die bodem is gevorm, die binnekant is gevoer met fyn wit papier, gevul met geskenkies en vasgekram met ’n genommerde sterretjie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die wit kalender met die groot swart syfers en groen vere is gemaak van groot nr 4 koffiefilters. Die nommer is gestempel, gaatjies gepons, vasgebind met lint aan ’n draadhanger, en gevul met geskenkies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die kalender in die houtlaai is gemaak van ou velle ‘scrap book’-papier wat in koeverte gevou is, die datum is op ’n bypassende etiket gestempel en bo-op die koevert vasgegom, gevul en toegeplak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die wit pakkies is gemaak van ‘GP bags‘ (goedkoop kossakkies, waspapiersakkies), ’n hart is bo-op ge-embosseer, die geskenkie is met fyn wit papier toegedraai en binne-in die pakkie geplaas. Vou die rand netjies om en stik met rooi gare vas. Onthou net om die steeklengte ten minste 3 mm te maak en stik die datum, wat gestempel is met rooi ink op wit papier, saam vas.

Vul die pakkies met klein geskenkies soos sjokolade, Kersversierings, Kersboodskappe, lysies van allerhande lekker dinge om gedurende die Feesseisoen te doen, sonbrandroom, spesiale boodskappe, ens.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.