kategorieë: KosJy kan

Maak jou eie kaas en jogurt

Kaaskuns

Ricotta
Sowat 900 g

1 Voer ’n sif met ’n nat kaasdoek van sowat 30 cm x 20 cm uit, of gebruik ’n skoon kombuisdoek.
2 Sit die sif oor ’n groot bak.
3 Meng 3 liter (12 k) volroommelk, 375 ml (1½ k) vars room, 375 ml (1½ k) jogurt en 10 ml (2 t) sout in ’n groot kastrol.
4 Bring tot kookpunt en roer deurentyd.
5 Kook vir 2-3 min. of tot die melk skif.
6 As die melk ná ’n rukkie nog nie geskif het nie, voeg 30 ml (2 e) suurlemoensap by om die proses aan te help.
7 Trek van die hitte af en laat afkoel.
8 Gooi die melk deur die kaasdoek. Die sif mag nie aan die weiwater raak nie. Gooi die water uit.
8 Laat hang die kaas vir 45 min. of tot ’n mooi wit ricottakaas gevorm het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jogurt
sowat 1 liter

1 Verhit 2 liter (8 k) volroommelk in ’n groot kastrol oor matige hitte. Laat die melk liggies prut en ’n vel vorm.
2 Trek van die hitte af en laat afkoel totdat jy jou vinger kan indruk sonder om te brand.
3 Meng 250 ml van die louwarm melk en 125 ml (½ k) volroomjogurt in ’n bakkie.
4 Gooi die melk-en-jogurt-mengsel terug in die kastrol. Roer eenmaal.
5 Gooi die mengsel in gesteriliseerde flesse of in een groot fles en seël dig.
6 Sit die flesse in ’n kastrol vol warm water en laat die jogurt vir 18 uur daarin “broei”.
7 Haal uit die kastrol en hou in die yskas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Mascarponekaas
sowat 500 ml

1 Voer ’n sif met ’n nat kaasdoek van sowat 20 cm x 30 cm uit, of gebruik ’n skoon kombuisdoek.
2 Sit die sif oor ’n groot bak. Gooi 2 liter (8 k) room in ’n glasbak wat knus op ’n kastrol pas wat halfvol kokende water is.
3 Verhit die room tot net voor kookpunt en roer deurentyd. Die room moet skuim en stoom.
4 Voeg 60 ml (¼ k) suurlemoensap by en kook vir nog 5-10 min. of totdat die room verdik en die agterkant van ’n lepel bedek.
5 Roer deurentyd. Laat vir 20 min. afkoel.
6 Gooi die room deur die kaasdoek. Laat heeltemal afkoel.
7 Sit in die yskas vir 24 uur, of totdat die room ’n mooi dik kaas gevorm het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.