kategorieë: Nuut & NouKos

Maak koffie soos ’n barista

Jy sink dankbaar neer in ’n restaurantstoel, smagtend na ’n koppie koffie om jou op te kikker. Die aromas in die lug kwas ’n kunswerk van ’n duisend koffiegeure … karamel, die aarde na ’n reënbui, Karoo-heuning op ’n hittige somersdag, sjokolade, rokerige aande, diep skakerings van lemoen, varsgesnyde kikoejoegras, droë hout …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Jou koffie kom. Die stoomwolkie bo die koppie beloof ’n konsentrasie van koffiegenot. Met die koppie digby jou lippe adem jy die crema genoeglik diep in. Die bekende kafeïenontploffing is uiteindelik op hande. Voor jy die rand van die koppie teen jou lippe kantel, laat jy die afwagting ’n ekstra sekonde opbou – net vir die lekker. Dan neem jy die eerste verkennende slukkie. En dan …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wrang bitterheid.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dit skop jou vol op die maag. Dit is opperste verraad. Hoe kan iemand dit aan koffie doen? En aan jou?

Maar kafeïen is mos self bitter? Dui bitterheid dan nie op ’n sterk kafeïenskop nie, met ander woorde ’n koppie ekstra sterk koffie? Is jy dus nie net onredelik as jy kla dat koffie te bitter is nie?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Glad nie.

Daar is volgens die International Coffee Organization egter so min kafeïen in ’n koppie koffie dat jou neus dit nie eers optel nie, en minder as 10% van die bitter smaak van koffie kom van kafeïen af.

Goeie koffie proe aangenaam bitter. Wrang, frank bitter koffie is … swak koffie. Dit is gelukkig moontlik en doodmaklik om heerlike koffie te maak – elke keer. Want al vra koffiemaak ’n skeut kuns en ’n skeut wetenskap, behels dit eintlik maar net ’n goeie skeut kennis en ’n groot dosis goeie oordeel. Hier is die kunsies.

8 maklike dinge wat jy kan doen vir die perfekte koppie koffie

1 Koop die regte koffie

• Die eerste geheim is die soort koffie wat jy koop. Koffie is nie maar net koffie nie. Daar is twee hoofspesies, waarvan die een juis bekend (soms selfs berug), is vir sy bitterheid.
• Die bitterder spesie is die Robustas. Hulle werk goed vir espresso’s.
• Vra jou koffieverskaffer om ’n Arabica as jy van ’n meer geronde, sagter koffie hou. Of kyk op die etiket. Arabicas word gewoonlik assulks bemark, omdat hulle duurder is.

2 Koop lig- of mediumgeroosterde koffie

• Hoe dieper die koffie gerooster is, hoe bitterder kan dit raak.
• As jy dus hou van die totale smaakpakket van ’n sekere koffie maar wens dit is net effens minder bitter kyk of jy ’n ligter geroosterde een kan kry.

3 Laat jou koffie growwer maal

Grein tél. Die growwer grein kan die verskil maak tussen net te bitter en perfek.

4 Gebruik varsgemaalde koffie

• As koffie eers gerooster is, kan dit byna onbepaald vars bly, mits dit lugdig verpak is.
• Sodra koffie egter gemaal is, begin dit smaak te verloor.
• As jy vir ’n spesiale okkasie of die dag se hoogtepunt die aroma op sy beste wil uithaal, maal die moer vars net voor jy koffie daarmee maak.
• Jy hoef egter nie elke keer jou koffie vars te maal nie. Gemaalde koffie behou sy aroma vir tot twee weke lank uitstekend.

5 Maak jou koffie met afgekoelde kookwater

• Die ideale watertemperatuur vir die beste koffie iewers tussen 195°F en 205°F. Dit is effens koeler as kookwater se 100C. – Kook die water en laat dit ’n minuut of wat afkoel.
• Wenkie vir kusbewoners: By die kus kook water by 100C. Vir elke 1000m bo seespieël val die kook met rondom 3C. • Gautengers se water kook dus by naby 90C. Hulle kan maar die water kokend oor die koffie gooi en steeds lekker koffie maak. Die res van ons moet ons water ’n bietjie laat afkoel.
• Dit help as jy die water eers in ’n glasbeker skink, sodat die porselein die hitte kan absorbeer.
• Of anders kan jy die ketel ’n minuut of wat laat afkoel, voor jy skink.

6 Verander jou koffiebereidingsmetode

Drupkoffie soos in perkoleerders waar die koffie deur die moer drup, of enige ander soortgelyke tegniek is baie minder bitter as koffie wat lang water- en moerkontak behels, soos Franse druksifkoffie, koffie wat heeldag in die kan staan en trek en koffie wat in konfore staan.

7 Trek jou koffie net een minuut

• Hoe lank moet koffie trek? Net sestig sekondes.
• ’n Vars pot goeie koffie is nooit bitter nie. ’n Ou pot van selfs die beste koffie is altyd bitter.

8 Gebruik minder moer

• Dit is uit pure vrygewigheid dat jy ’n ekstra skeppie moer in die kan gooi maar so gooi jy ook meer bitter komponente by.
• Hou by jou koffieverskaffer se riglyne, of eksperimenteer self en gebruik ’n bietjie minder koffiemoer.

Lees ook: Versorg hout in jou kombuis

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.