Foto: Pixabay
• Skakel af
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Jy hét twintig minute elke oggend en elke middag, of een maal per dag. Jy gaan daarna soveel energie hê dat jy selfs meer gedoen kry.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }• Kies jou vakansie
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Elkeen van ons skakel op ’n ander manier af: party moet fisiek aktief bly en gaan stap, draf, dans, trappe klim of gim. Ander moet kreatief wees en iets skep of maak, en dit werk vir hulle om te brei of in die grond te vroetel. Of dalk moet jy jou emosies verwerk: probeer Facebook, jou blog, ’n oproep na jou ma of vriendin, meditasie, gebed of hou dagboek. Party van ons floreer op intellektuele stimulasie soos Sudoku, blokkiesraaisels of lees. Iets is ideaal vir jou!
• Maak dit ’n roetine
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Jou mini-brekies behoort so deel van jou dag te wees soos tandeborsel … ononderhandelbaar.
• Koop vir die son
Bo-aan jou lys is ’n breërandhoed, ’n sonskerm met ’n hoë SBF (minstens 20+), lipsalf met sonskerm en langmou-, liggewig-toppies as jy dalk in die middel van die dag in die son is. En onthou die sambreel: donker en groot is beter.
• Kry die perfekte sonbril
Vergeet van die naam en kry een wat:
• Pak foliensuur in
Foliensuur kan vermoedelik velverandering help keer vanweë die groot rol wat dit in selregenerasie speel. Ons dieet is arm aan folien – pak vir jou ’n aanvuller met foliensuur in, asook ’n folienverrykte velroom soos Nivea se DNAge.
• Weg met onwelkome gaste
Menstruasie op ’n kort vakansie kan ongerieflik wees. Die meeste vroue glo steeds dis gesond en natuurlik om maandeliks te menstrueer … en druk maar deur. Maar verskeie studies, gepubliseer in onder meer die toonaangewende mediese joernaal Contraception, wys ononderbroke voorbehoeding is inderdaad so veilig dat jy dit jare aaneen kan doen. Gesels met jou dokter of klinieksuster voor die vakansie.
• Begin met ontbyt
Slaan jy in die vakansie ontbyt oor, want jy staan eers teen middagete op? Ontbytmuesli is heerlik genoeg om énige tyd te eet. Neem ’n pak bessiemuesli en/of pynappel-en-papaja-muesli saam en skep ’n bietjie jogurt oor vir ’n vinnige, vullende, veselryke ete én die minimum skottelgoed!
• Eet gesond uit
Die meeste kettinggroepe sluit deesdae gesonder, laevetitems op hul spyskaarte in … vra gerus.
• Gee slim geskenke
Koop gepas – verbasend baie kinders is matig tot ernstig hiperaktief, en vir hulle is ’n elektroniese speelding glad nie ’n goeie geskenk nie, sê Heather Picton van ADHASA, die vereniging vir hiperaktiwiteit. Gee liewer iets wat die kind help om van sy energie ontslae te raak.
“Goeie idees is ’n klein, ronde wipmat.” Enige soort bal is perfek: swaaibal, dingbats, stickybal, strandballe en so aan. ’n Hangmat, swaai en aaptoue of touleer is ook groot pret. Of wat van ’n houtblok, hamer en spykers, of ’n mengbak en al die bestanddele vir gesonde koekies, soos lae GI-hawermoutkoekies?
“Kinders is dol op kostuums … Superman-pakke, feetjierokkies, of sommer ’n sak vol ou klere van volwassenes, krale, skoene, hoede en als wat blink.”
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.