Maak tuin op jou balkon

Deur Cornel Dunn. Hooffoto: Ricardo Gomez Angel vir Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die balkon is ’n verlenging van jou huis

Vir klein balkonne is dit belangrik om die buitekant na binne te lei. Vir groter balkonne het jy die luukse om ’n sit-area te akkommodeer. Klein spasies benodig innoverende denke om hierdie kleinood optimaal te benut.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Begin klein

Tuinmaak is ’n langtermynprojek en ’n balkontuintjie verskil nie veel nie. Moet nie te groot begin en die klein spasie met te veel plante oorlaai nie. Ontwerp jou spasie met ’n einddoel in sig. Begin met ’n paar plante en kyk eers watter floreer op die balkon. Dan kan jy byvoeg en leer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Groen

Baie groenigheid skep ’n gevoel van ruimte – binne sowel as buite. ’n Balkon met baie groenigheid skuif die grense van my mure na buite.

Immergroen

Immergroen plante sal jou deur die jaar seën met ’n groen balkon – selfs in die Winter. Kies dennehout, bloekom en tiemie.

Seisoenale plante

Voeg seisoenale plante by vir verskeidenheid. Gebruik van saadjies tot bolle vir kleur. Kies Krismisrose, viooltjies, violas en wilde suring vir kleur.

Kies slegs drie kleure

Groen moet een van bogenoemde wees om te verhoed dat die balkon te besig raak. Gebruik verskillende skakerings van een kleur of ’n kontrasterende palet. Ook die potte moet eenvormig wees en in ’n gedempte neutrale kleur.

Son

Indien jou balkon baie son kry, is dit wys om ’n bolaag op jou plante te plaas. Dit hou die plante klam en verhoed dat die son dit so vinnig uitdroog. Rivierklippies of houtskaafsels werk goed.

Foto’s in galery: Pixabay | pixabay.com

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.