kategorieë: Leef gesondGesondheid

Magnesium: kry meer in

Hierdie mineraal sit die wip in jou stap omdat dit jou insuliensensitiwiteit verbeter. Vir dié wat nie weet nie: insulien is die hormoon wat jou selle in staat stel om glukose op te neem. Selle mét energie beteken jý is propvol energie. Dit is juis die probleem waarmee diabete, prediabete en mense met glukose-intoleransie sit – en waarom hulle kenmerkend moeg is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ondersoeke wys magnesiumaanvullers verbeter insulienwerking uitstekend. Dieselfde ondersoeke wys magnesium verlaag ook bloeddruk en cholesterol matig maar beslis. Die ondersoeke is juis met aanvullers gedoen. Maar jy kan meer magnesium inkry deur slim te eet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

5 planne vir 5 porsies magnesium per dag

  • Eet ’n piesang as jou hapding by die werk.
  • Werk met elke hoofmaal een van die volgende in: swartboontjies, sousboontjies, lensies of rys.
  • Eet ’n heelgraantoebroodjie vir middagete.
  • Eet hawermout vir ontbyt.
  • Snipper spinasie in jou stowevleis en groentes. Dit kook weg – jou huismense sal nie eens weet hulle kry hul porsie spinasie nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Nota: Moenie sommer jou medikasie deur magnesium vervang nie. Jy kan meestal albei saam gebruik en dan jou medikasie verminder, mits die magnesiumaanvulling werklik jou bloedglukose, bloeddruk en so aan verbeter.

Lees ook: Kosse ryk aan yster

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

8 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.