kategorieë: Gesondheid

Vyf wenke om elke dag meer water te drink

Hier is ons topvyf wenke om elke dag meer water te drink!

Maak dit interessant – Voeg ’n paar skyfies suurlemoen, komkommer of aarbeie by jou water. Dit gee water ’n verfrissende smaak en sal jou motiveer om daagliks 8 glase water te drink. Die beste van alles, dis ook ’n goeie nierreiniger!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hou ’n waterbottel langs jou – Sit elke dag ’n bottel water langs jou lessenaar by die werk of tuiskantoor neer (gooi sommer ’n paar kruisementblaartjies by). Sê vir jouself jy mag nie opstaan om tee of koffie te maak voor die bottel nie leeg is nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Begin jou dag met water – Maak seker dat jy ten minste een 750 ml-bottel water drink voordat jy soggens by die huis uitstap, so begin jy jou dag gehidreer. Hou ook ’n botteltjie water in die kar vir wanneer jy in verkeer sit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Stel die alarm – Somtyds raak ’n mens se dag vinnig besig en voor jy jou oë uitvee, is vier ure verby sonder dat jy eens een glas water gedrink het. Stel jou selfoon se alarm vir elke twee uur en drink dan elke keer twee glase water.

Drink uit glas – Gooi water in ’n glasbottel en hou dit by jou. Die glas help om die water koel te maak in die yskas en dit bly koud. Water in glas proe ook soveel beter!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.