kategorieë: VelsorgSkoonheid

NOVEXPERT – 100% natuurlike oorsprong, 100% skoon skoonheid

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Skoonheidsmiddels gaan deur jou lyf na jou bloedstroom en borsmelk…

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In 2017 het ’n studie gewys dat ’n Franse vrou 16 skoonheidsprodukte per dag gebruik! Oor amper 50 jaar van haar lewe, sal dit gelyk wees aan 300kg se produkte wat in die vel opgeneem word. Jy kan jou nie eers verbeel waar al jou skoonheidsmiddels orals sal opeïndig nie … in jou bloed, jou urine en selfs in jou moedersmelk! Hoe lank hou jy hierdie molekules in jou liggaam? Niemand kan weet nie, maar die studies is eenvormig: Ons is almal besoedel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Nou dat jy weet, wat kan jy daaraan doen? Dis waarskynlik, soos vir ons, vir jou ’n absolute prioriteit om die mees bioafbreekbare bestanddele as moontlik te gebruik. Dit is dus bestanddele van natuurlike oorsprong wat 100% deur onafhanklike organisasies gesertifiseer is. Hierdie is ons verbintenis sonder enige uitsonderings.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

*Studie is deur die Western Brittany-universiteit gedoen oor “Die probabilistiese evaluering van die Franse bevolking se blootstelling aan kosmetiese produkte”.

Ons handelsmerk is die formule.

Novexpert is die eerste en mees gerekende navorsingsentrum wat deur wetenskaplikes bestuur word. Aangesien hulle die mense is wat Novexpert oorsien, is dit maklik om te weet waar hul prioriteite lê. Hulle maak produkte wat aan wetenskaplike oortuiginge voldoen – nie aan die vereistes van bemarking nie.

Ons inspirasie is die formule. Die produk wat dit die beste versinnebeeld is Novaxyline, wat met ’n eksklusiewe patent toegeken is. Dit is grootliks geïspireer deur die raaisel van hoe die mense in Okinawa tot oor die 100 jaar oud raak, en hierdie aktiewe bestanddeel teen veroudering gebruik ’n baie gevorderde tegnologie, naamlik epigenetika wat die noue verbintenis tussen die omgewing en die aktiwiteit van ons gene meet.

Kom ons wees duidelik: Ons skep die produkte waarvan ons droom met die hoop dat jy ons smaak en hoë standaarde sal deel. Die pad na doeltreffendheid sluit dikwels hoë konsentrasies in: 25% vitamiene C-kompleks, 3,2% suiwer hialuronsuur…

Kom ons praat minder, en gee eerder meer syfers.

Jou vel is sensitief – hipersensitief

Meer as 50% van vroue oor die wêreld heen beweer dat hulle sensitiewe velle het. Vir ’n minderheid het reaktiewe vel ’n norm geraak. Hierdie feit vorm die hart van die Laboratoires Novexpert-formuleringshandves.

Jy is dalk nie bewus hiervan nie, maar Europese reëls vereis dat handelsmerke die bygevoegde allergene op die verpakking moet aandui wanneer dit oor ’n sekere drempel gaan. Die totale hoeveelheid is 26* en hierdie allergene is gewoontlik teenwoordig. Novexpert se verbintenis is duidelik: Jy sal net enige allergene in ons lys van bestanddele vind nie.

Hoekom dinge op ’n halfhartige manier doen? Met die uitsondering van Lip’Up, is al Novexpert se produkte hipoallergenies. ’n Verdere waarborg? Nee, ’n vereiste vir Novexpert.

Jy hoef nie meer sekere produkte op te gee omdat jy swanger is nie.

Ons is aan jou verantwoordbaar en dit beteken ons moet gereeld en ten volle onsself in jou skoene plaas. Watookal jou situasie is, ons wil nie hê dit moet nodig wees vir jou om ons formules te bevraagteken nie. Die hele Novexpert-velsorgreeks het geen voorsorgmaatreëls of waarskuwings vir swangervroue of vroue wat borsvoed nie. Dit word duidelik in swart en wit uitgespel.

Franse kundigheid wat deur dokters geformuleer is.

Alles word in Frankryk uitgedink en gemaak.

Elke keer wanneer ons terugkom van ’n reistog af, verwonder ons onsself opnuut aan die uniekheid van ons wêreld. Wanneer dit by skoonheid kom, neem Frankryk ’n baie spesiale plek in ons hart op en ons word op natuurlike manier aangetrek tot die uitnemendheid daarvan deur universiteite, navorsers en tegnici. Maar ook deur vakmanne, skeppers en soms kunstenaars… Wees verseker, alles word in Frankryk bedink en gemaak.

Die mag is in die navorsers se hande.

Slegs wetenskap lei ons keuses.

Voordat ons ’n handelsmerk geword het, was Novexpert die eerste en vernaamste navorsingsentrum. Dit was ’n toevlugsoord vir navorsers en dokters wie se prioriteite en formules hul wetenskaplike oortuigings eerder as die markneigings weerspieël het. By Novexpert lê die mag by dié wat die formules skep; nie dié wat dit mooi laat lyk om dit te verkoop nie.

Alles is IN die produk; nie op die verpakking nie.

NOVEXPERT-reeks

Hialuronsuur-reeks – volume en teenveroudering

Vitamiene C-reeks – verhelderend en teenveroudering

Omega-reeks – voeding en teenveroudering

Magnesium-reeks – sensitief en teenveroudering

Drie-maal-sink-reeks – doen weg met wanperfeksies en teenveroudering

Groentee polifenol-reeks – stel donkervlekke reg en teenveroudering

Pro-kollageen-reeks – verhoed plooie en teenveroudering

Pro-melanien-reeks – gesonde gloed en teenveroudering

Vir meer inligting en om aanlyn te koop: https://novexpert.co.za/shop/

Lees ook: Versorg jou voete – wat jy moet weet

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Die regte medisyne vir verkoue

JY KAN jou seer keel en koors self dokter én stukke beter voel. Ons wys…

2 hours Gelede

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

19 hours Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

23 hours Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

1 day Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

2 days Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.