Genoeg vir 8
Bestanddele
- 60 g droë bosbessies
- 100 g droë vye, fyn gekap
- 250 ml (1 k) muskadel
- 115 g sagte botter
- 3 eiergele
- 2 eiers
- 2,5 ml (½ t) kaneel
- 530 g koekmeel
- 10 ml (2 t) kremetart
- 7,5 ml (1½ t) koeksoda
- 250 ml (1 k) melk
- 200 g suiker
- 1 takkie roosmaryn, blaartjies fyn gekap
- 100 g donkersjokolade, fyn gekap
- gerasperde skil van 2 lemoene
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 °C. Sproei 8 klein panettone- of kolwyntjiepapiertjies met kooksproei.
- Week die bosbessies, vye en muskadel vir ’n uur in ’n bakkie.
- Room die botter, eiergele en eiers met ’n elektriese menger tot lig en donsig.
- Dreineer die vye en bosbessies.
- Voeg die kaneel, koekmeel, kremetart, baksoda, melk, suiker, roosmaryn, donkersjokolade, lemoenskil, vye en bosbessies by die eiers in die bak van die menger en meng totdat ’n deeg vorm.
- Skep die deeg in die voorbereide papiertjies.
- Bak vir 20-25 min. of tot goudbruin en gaar.
