Margaret se Wêreld: ’n Besige blitsbesoek aan New York

Margaret se Wêreld: ’n Besige blitsbesoek aan New York deur Margaret Gardiner. Hooffoto: Margaret Gardiner.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek is in New York en, wag, hoeveel onderhoude moet ek doen?!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek, sonder grimering, rasend honger, maar ek stop gou by die New Yorkse openbare biblioteek vir ’n foto voor ek hotel toe gaan.

Ná die besige tyd met die Emmy-toekennings het ek geweet ek moet dit rustiger vat, maar toe kom die kans om onderhoude te doen met Jamie Dornan van 50 Shades Of Gray-faam, Peter Dinklage van Game of Thrones en Hugh Jackman wat in die nuwe fliek, The Front Runner, speel. En daarby ook onderhoude met ’n hele spul akteurs van gewilde TV-vertonings! Ek was ’n bietjie moeg ná die onlangse gesondheidskwessies en sosiale avonture, maar gelukkig slaap ek lekker op vliegtuie. Die vyf uur lange vlug van die weskus na die ooskus van Amerika sal ononderbroke slaap verseker.

Lees ook: Margaret se Wêreld: Die Emmy-toekennings

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek bly in een van die nuwe boetiekhotelle in Manhattan, The Andaz. Dit is kunstig en die klerekas is van glas.

’n Klerekas van glas!

Die gratis bottels water en versnaperinge is ’n voordeel in ’n stad waar ’n glas melk met kamerdiens jou $50 kan kos. Baie lekker! Maar die ontvangs volg nie altyd navrae op nie, en hul personeel kan gerus ’n bietjie opgelei word in doeltreffende kliëntediens en kommunikasie.

Ek neem altyd die vroegste vlug na New York sodat ek kan aanpas en voorberei.

Ek en Demi-Leigh by die Mej. SA-reünie vroeër vanjaar

Ek arriveer laatmiddag in Manhattan. Die lug is klam. Ek en ons huidige Mej. Heelal, Demi-Leigh Nel-Peters, het al vergeefs probeer om mekaar in New York te ontmoet. Maar dié keer het ons dit reggekry. Ek wou haar nooi na die première van die Emma Stone-TV-reeks, Maniac, maar sy moes weer ’n vlug haal.

Emma Stone doen promosiewerk vir Maniac, ’n reeks waarin sy verskeie karakters speel. Foto: Magnus Sundholm vir die HFPA.

Die goeie nuus is dat elkeen van ons op die regte tyd beskikbaar was. Demi was op pad na die gimnasium en ek het pas met ’n vlug-haredos gearriveer. My gesig wys die vlugvoosheid en die letsel. (Ek vlieg sonder grimering sodat ek my gesig teen die droë lug op die vliegtuig kan behandel.)

Lees ook Margaret se onderhoud met Demi-Leigh: Die mooiste in die Heelal

Ons stem saam dat ons voorkoms nie die rede is waarom ons mekaar ontmoet nie. Ek kies koers na my hotel in die noordooste en sy stap suidwes. Ons sien mekaar oorkant die straat by ’n verkeerslig en gil van plesier. Ons drink koffie (ek) en sap (sy) en gesels lekker. Ons kuier te lank, gee mekaar ’n drukkie en belowe om volgende keer weer te probeer.

Terwyl sy wegstap, neem ek ’n sirkelroete terug na die hotel om die stad se klam lug te ervaar. Dit raak skemer in die Big Apple en die mis begin aan die wolkekrabbers “eet”. Mense speel tafeltennis en ek wonder wie van hulle die volgende dag gaan werk, want dit is al ná nege.

Ek is honger! Ek stap by die hotelkroeg in. Dit is polsend besig, maar hulle kry ’n tafel vir een. Die vertrek is aards. Donker hout. Atmosferiese beligting. My kos arriveer. Kammossels op ’n bed van mieliepuree met olywe, tamaties en koljanderblare vir my grommende maag. Heerlik! Die tekstuur van die mielies is die basis van ’n mengsel geure. Ek adem dit in, maar dit is weg voor jy kan sê: Smaak heerlik! Ek gaan na my kamer om vir die onderhoude voor te berei.

Die volgende dag doen ek onderhoude met die akteur van Bull, Michael Weatherly, wat voorheen in NCIS was. Sy hand is in ’n verband toegedraai. Ons gesels en hy vertel ’n lang kreatiewe storie, maar bly die einde verander. Hy erken uiteindelik sy hand makeer niks. Hy wou net ’n geselspunt skep. Hy is een van die snaaksste mense, maar hy het hartseerdae as kind beleef.

Instinct, Private Life, Escape at Dannemora en The Good Doctor vlieg verby. So ook My Dinner with Hervé, A Private War, albei met Jamie Dornan, en Maniac met Emma Stone. Ek doen ook ’n vinnige video-onderhoud vir die Globe-webtuiste.

Lees ook Margaret se onderhoud met Jamie Dornan: Jamie Dornan: 50 skakerings van interessant

Video-onderhoud met Jamie Dornan

Die ster van The Good Fight, voormalig van The Good Wife en Mama Mia, Christina Baranski, is brandmaer en onberispelik aangetrek. Aan die einde van die dag doen ek ’n onderhoud met Hugh Jackman vir The Front Runner. Hierdie man is beslis een van die gaafste mense in die vermaakbedryf. Ek vra die kameraman om ’n wye hoek te neem om die letsel te verbloem en Hugh, wat na die gesprek luister, bied aan dat ons sitplekke ruil sodat die kamera kan fokus op die kant van my gesig waar die letsel nie sigbaar is nie. Hoe gaaf! Ek waardeer sy aanbod. Ons gesels lekker oor die fliek wat handel oor die tyd toe die pers begin het om in die persoonlike lewe van politici te krap. (Sluit aan by my YouTube-kanaal om die onderhoud te sien.)


Op pad huis toe navigeer ek deur die verkeer na die lughawe en geniet my slaapsessie tussen die oos- en weskus. My bestuurder wag vir my en ek dut ’n laaste bietjie op pad huis toe. Ek wil wawyd wakker wees om in te haal met die stories en avonture wat ons gesin gehad het terwyl ons weg was van mekaar.

As jy meer oor Margaret se lewe wil leer, lees gerus haar blog vir rooi rose.

Hou ook vir Margaret dop op sosiale media. Volg haar op facebook en Instagram.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.