kategorieë: Leef gesondGesondheid

Heroorweeg jy die vaksien teen masels?

Heroorweeg jy die vaksien teen masels? deur Salomé Delport

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Heroorweeg jy die vaksien teen masels?

Na Andrew Wakefield se navorsing oor die maselsvaksien in 1998 verskyn het, het die debat nog net nooit weer bedaar nie. Hierdie beroemde/berugte antivakser, afhangende van jou eie standpunt oor die maselsvaksien, is steeds ’n entoesiastiese en oortuigende aktivis wat saam met sterre soos Amy Biehl, Playboy Playmate Jenny McCarthy wie se seun outisties is en Jim Carrey wêreldwyd teen vaksinering werk.

As ouers verwar dit ons. En jy het só baie tyd om jouself nog verder deurmekaar te google, want jou kleintjie word eers op 9 maande en dan weer op 18 maande daarteen geïmmuniseer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Feit is dat masels in ons land ’n baie groot en werklike risiko is. Daar is kort-kort uitbrake. Die jongste uitbraak was in 2017, met drie uitbrake in die Westelike Provinsie, Kwazulu-Natal en Gauteng waarin meer as 6 000 kinders masels opgedoen het.

Daarby kan volwassenes óók masels kry. As jy dit nie as kind gehad het nie en nie daarteen gevaksineer is nie, kan jy dit aansteek van kinders, en weer op jou beurt ander mense aansteek. Dit raak veral mense in die onderwys en verpleegdienste – en enige ander werk waar jy heeldag met kinders werk.

As jy nie sommer net saam met die trop wil gaan nie moet jy ten minste deeglik dink oor die keuse om jou baba te vaksineer of nie.

Lees ook: Vaksinering – moet jy of moet jy nie?

Die antivaksers se standpunte oor masels

Elke antivakser het sy/haar eie standpunte maar dit sluit gewoonlik by die volgende aan:

  • Die maselvaksien is gevaarliker as die siekte self;
  • Veral die trivalente (drie-in-een) vaksien, die MMR wat kinders teen masels, duitse masels en pampoentjies beskerm, is gevaarlik.
  • Die tiomersaal wat as preserveermiddels gebruik word veroorsaak outisme.
  • Die maselvaksien is ’n geldmaakstorie wat net die groot farmaseute en dokters baat.
  • Ons leef gesond genoeg om hierdie heeltemal normale kindersiekte te kan hanteer.

Interessant: Die meeste antivaksers betoog nie teen ander vaksiene nie – nie teen die griepinspuiting of teen polio of Duitse masels of pampoentjies, of selfs teen HPV nie. Nee, hulle fokus net op masels.

Dit is verstandig om van hierdie standpunte – veral oor die veiligheid van die vaksien en tiomersaal – kennis te neem. Wat moet jy weet?

Luister ook: Wat jy moet weet oor MPV

1. Masels is van die aansteeklikste siektes op aarde

Die virus versprei in die lug. Jy kan dit dus inasem as iemand met masels naby jou hoes of nies.

En nog erger: die virus oorleef tot twee uur lank in ’n vertrek waar iemand met masels was.

Volgens Oxford Universiteit het vantevore, voor die maselvaksiene ontwikkel is, 90 uit elke 100 kinders wat met die maselvirus in aanraking gekom het, masels opgedoen. Sewe van hulle het tipies ernstige komplikasies ontwikkel en/of gesterf.

Dus is die kans dat jou kind natuurlik bestand teen masels gaan wees baie klein – maak nie saak hoe gesond julle leef en hoe goed gevoed jou kind is nie.

Heroorweeg jy die vaksien teen masels?

2. Masels is werklik ’n gevaarlike siekte

Ons het al vergeet dat kinders werklik sterf van masels.  Voor 1960 het rondom 2.6 miljoen kinders élke jaar aan masels gesterf. Die algemeenste oorsaak van maselsterftes was masels van die brein (ensefalitis) en longontsteking, waaraan drie uit elke duisend kinders met masels gesterf het.

Sterftes was egter nie al skade nie. Masels veroorsaak by een uit elke duisend kinders wat oorleef breinskade en/of blindheid.

As jy hoor dat die vaksien ook gevaarlik is, vergelyk die risiko’s: volgens ons NICD ontwikkel net een uit elke 2 miljoen kinders wat gevaksineer word ensefalitis. Vergelyk hierdie twee met die 200 uit twee miljoen kinders wat sterf weens masels, soos voor vaksinerings gedoen is. Of vergelyk dit met die 72 mense wat in 2018 in Europa dood is weens masels, waar vaksinering ook aan die afneem is.

Onthou ten minste die helfte van die mense vaksineer steeds. Dus steek relatief min mense die virus aan. As die tempo van vaksinering verder daal is die realistiese verwagting dat die sterftesyfer drasties en selfs eksponensieel sal toeneem.

3. Daar is geen medikasie teen masels nie

As jou kleintjie eers siek is, is hy op sy eie. Daar is geen antibiotika of ander medikasie daarteen nie.

Interessant: Die beste manier om kinders met masels te ondersteun is om hulle hoë dosisse vitamien A te gee vir die eerste twee dae na diagnose, sê ons NICD. Dit lyk asof dit help dat die kinders nie so erg siek word nie. Dit help veral om hul sig te beskerm.

Heroorweeg jy die vaksien teen masels?

4. Masels verswak jou kind se immuunstelsel vir drie jaar lank

Die maselvirus beskadig ’n sekere tipe van jou kind se witbloedselle. Hierdie witbloedselle is die ‘geheue’ van jou immuniteit. As jy met byvoorbeeld die kiem vir pampoentjies in kontak kom, ‘onthou’ jou witbloedselle die kiem, en maak gou genoeg teenliggaampies daarteen, sodat jy nie weer pampoentjies kry nie.

Die beginsel agter vaksiene is juis dat jou liggaam in kontak gebring word met dooie of verswakte siektekieme soos die pampoentjievirus en die maselvirus. Jou witbloedselle maak teenliggame daarteen, en as jy later met die werklik gevaarlike maselvirus in aanraking kom ‘weet’ hy hoe om vinnig teenliggame te maak. So beveg jou liggaam die virus met gemak en raak jy nie siek nie.

Die een groot probleem met masels is dat dit jou witbloedselle aantas. Dit belemmer dus jou liggaam se immuniteitsgeheue. Die virus wis selfs die geheue wat jy opgebou het uit – dink aan waterpokkies, witseerkeel, polio en al die ander kindersiektes, wat makliker weer kan toeslaan. Daar word gereken dat voor die maselsvaksien was masels indirek die oorsaak van ten minste die helfte van kindersterftes weens aansteeklike siektes wêreldwyd.

Navorsing wys dat mense na masels vir rondom drie jaar geweldig vatbaar is vir allerlei ander kwale. As jou kind nie gevaksineer is nie, en wel masels kry, is hy dus vir rondom drie jaar daarna baie weerloos teen ander kindersiektes en selfs teen gewone kwale soos verkoue, griep en longinfeksies soos brongitis.

Interessant: Navorsing is steeds op soek na beter vaksiene. As jy bang is vir inspuitings kan jy solank sug van verligting, want een die die nuutste projekte is om ’n vaksienpoeier te maak wat jy bloot inasem. Seer inspuitings kan oor ’n dekade of wat iets van die verlede wees.

5. Ons kan nie op tropimmuniteit staat maak nie

Navorsing wys dat as 95% van kinders in ’n gemeenskap geïmmuniseer is, is die kans op ’n uitbraak van masels in daardie gemeenskap so klein dat dit vir alle praktiese doeleindes nie gebeur nie.

Maar Suid-Afrikaners kan nie hierop staat maak nie, om twee redes: afgeleë areas sonder klinieke; en klinieke sonder vaksien. Ons haal dus nie daardie magiese 95% vaksineringskoers nie. Daarom is daar ’n kernbron (of bronne) van die maselvirus in ons land.

Die jongste syfers van die NICD vir ons land is 6 256 gevalle van masels in 2017.

Interessant: In groot dele van die ontwikkelde wêreld is masels aan die begin van ons eeu as ’n uitgewiste siekte beskou. Na die toemende antivakser-veldtogte het lande soos Brittanje, Ierland en die VSA hul maselvry-status verloor. Masels neem duidelik toe in ooreenstemming met die afname in vaksinering. In die jaar 2000 was daar geen enkele gevalle van masels onder gebore Amerikaners nie; teen die winterseisoen van 2017/2018 is net in New York City alleen 654 gevalle aangeteken. Terselfdertyd het ’n staatsondersoek aangetoon dat vaksinering in party van New York se woonareas so laag as 50% gedaal het.

Ook in Europa, waar masels as uitgeroei of amper uitgeroei beskou is, was daar 82 500 gevalle in 2018, met 72 sterftes, volgens die Oxford Universiteit

6. Antivaksinering is ’n identiteitsimbool, meer as enige iets anders

Dit is een ding om nie toegang tot die maselvaksien te hê nie, en ’n geheel ander saak om aktief daarteen te kies.

Wie kies daarteen? Dit lyk asof dit die voorkeur van die vrydenkende ouers is wat hulself as hoogs ingelig beskou – al lees hulle nooit wetenskappublikasies daaroor nie. Die keuse teen die vaksien vir masels is vir baie ’n statussimbool eerder as ’n wetenskap-gebaseerde keuse.

Die grootste groep twyfelende ouers is egter bloot onseker, omdat ons verskillende boodskappe hoor en eintlik net die beste vir ons kinders wil hê.

As jy onseker is of jy jou dokter of die antivaksers moet glo doen jou eie navorsing, en raadpleeg eersterangse bronne soos Pubmed, Health Canada  en ons eie NICD.

Interessant: Niemand kon nog ooit Andrew Wakefield se navorsing wat ‘bewys’ dat die vaksien teen masels outisme veroorsaak, herhaal nie. Verder het hy maar net twaalf kinders in sy ondersoek ingesluit. Daarteenoor kon meer as ’n dosyn ondersoeke oor die verband tussen die MMR-vaksien en tiomersaal met negatiewe uitkomste soos outisme onder miljoene kinders oor twintig jaar géén assosiasies opspoor nie. Die jongste ondersoek is in April 2019 gepubliseer, gebaseer op 657 461 Deense kinders.

Heroorweeg jy die vaksien teen masels?

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

17 hours Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 weeks Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.