kategorieë: Bekendes

Matthew McConaughey: gesinsman

Ons Hollywood-korrespondent (en stylvolle rooi rose voorbladvrou vir Junie 2016), Margaret Gardiner, het onlangs met Matthew gesels oor sy lewe as akteur en gesinsman.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Margaret oor Matthew

Matthew McConaughey is so sensueel en verleidelik soos druppende heuning op ’n warm dag. Sy ligblou oë kyk dwarsdeur jou en dan is daar nog daardie sexy, dralende Texas-aksent en ’n Iyf wat getuig van ’n liefde vir die buitelewe. Selfs sy liggaamshouding is sexy. Hy sit gewoonlik met sy bene wyd uitmekaar terwyl hy stadig op sy stoel ry en met sy hand oor sy bolyf streel. Hy doen dit nie bewustelik nie, maar dis nietemin boeiende kykstof.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hy wou niks daarvan weet om soos sy twee broers sy pa se olie-onderneming by hom oor te neem nie. Die ligte het gewink en in 1993 het hy in Dazed and Confused sy eerste verskyning op die silwerdoek gemaak, maar dit was eers drie jaar later met die John Grisham-f1iek, A Time To Kill, dat mense van hom begin kennis neem het.

’n Rits romantiese komedies, soos How to Lose a Guy in 10 Days en Fool’s Gold, het gevolg. Die volgende drie jaar was hy weer van die radar af maar toe is hy met mening terug en gefokus op sterk karakters in dramatiese rolle, soos in die TV-reeks True Detective en die rolprent Dallas Buyers Club, waarvoor hy ’n Oscar gewen het. Hy verskyn later vanjaar in Free State of Jones, ’n storie oor ’n arm boer in Mississippi wat in die Amerikaanse Burgeroorlog ʼn rebellemag lei.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Matthew het ’n reputasie as ’n rokjagter gehad maar sedert 2012 is hy en Camila Alves heel gelukkig getroud. Hulle het drie kinders, Livingston (3), Vida (6) en Levi (7).

‘Ek wil my kinders leer dat hulle nie bang vir nuwe ervarings moet wees nie, dis eerder iets wat gevier moet word’ – Matthew McConaughey

* Lees die volledige onderhoud op bl. 24 van die Junie rooi rose-uitgawe.

* Lees ook Margaret Gardiner se wenke vir wanneer jy na LA reis, hier.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

19 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

22 hours Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

23 hours Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

23 hours Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.