kategorieë: Bekendes

Mej. SA 2017: Demi-Leigh Nel-Peters

Sy is beeldskoon en party mense sê selfs sy lyk soos Rolene Strauss se tweelingsuster. Die 21-jarige Demi-Leigh Nel-Peters van Sedgefield in die Wes-Kaap is gisteraand by die Sun City Superbowl aangewys as Mej. SA vir 2017.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

As deel van haar prysgeld sal Demi-Leigh een miljoen rand in kontant ontvang asook verskeie ander pryse. Die borge is Sun International en Cell C.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Twaalf finaliste het deurgedring na die eindrondte van hierdie gewilde skoonheidskompetisie waarna slegs drie (twee prinsesse en natuurlik die wenner) oorgebly het. Adè van Heerden en Boipelo Mabe was onderskeidelik as eerste en tweede prinses gekroon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die beoordelaars was Maps Maponyane, Unathi Msengana, Cameron van der Burgh, Bridget Masinga, Gisele Wertheim Aymes, Ezra Davids en die voormalige Mej. SA Claudia Henkel.

Die gewilde modeontwerper Anel Botha het Demi-Leigh se wenrok ontwerp. Sy het dié foto op Instagram gedeel:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Melinda Bam en manlief Adriaan Bergh het die koppe laat draai en was beslis die mooiste paartjie van die aand. Melinda het ook ’n rok deur Anel Botha gedra. Sy het dié foto met haar Instagram-volgelinge gedeel:

Rolene Strauss het soos ’n ware Mej. Wêreld gelyk in haar Biji – La Maison de Couture-skepping! Hierdie rok kry 10 uit 10 by ons.

Claudia Henkel was ook bedrywig op Sosiale Media en was duidelik beïndruk met Demi-Leigh:

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

11 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.