kategorieë: TrendsMode

Mercedes-Benz modeweek 2015

Voordat die eerste aand van die ontwerp-meesterskap afgeskop het, is die V&A Waterfront deur modekenners en stylvolle individue verwelkom. Daar was groot en helder afdrukke, faux fur asook unieke ensembles. Daar was ook ’n verskeidenheid skoene te sien, getrou aan Kaapstad. Van spykerhakke en velskoene tot die trendy sneakers wat vanjaar die modewêreld oorheers het. Die vertonings het nog nie eers begin nie, maar modeweek was al behoorlik aan die gang.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Goose Homme, XIPIXI, Marianne Fassler, Stefania Morland, Habits, Adriaan Kuiters en Jody Paulsen het hul ontwerpe tydens die openingsaand tentoongestel. Stefania Morland se versameling het veral uitgestaan met verskillende neutrale en helder blommotiewe wat met handgemaakte blomme afgerond is. Die reeks is gelyktydig delikaat en vroulik, met intrige en drama wat met behulp van swart kant en kralewerk deur die aanddrag vloei.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Stefania Morland

Besoekers aan die modeweek is op die tweede dag bederf met ’n voorsmakie van somer. Lalesso het gebruik gemaak van sagte materiale in ligte etniese motiewe. Kyk gerus uit vir pastelle met ’n spatsel kleur hier en daar, asook materiale wat jou die gevoel van vryheid gee. Dag twee het geëindig met Michelle Ludek, W35T, Dax Martin, Ruald Rheeder en Craig Native.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die laaste dag van hierdie langverwagte modeweek het aangebreek en David Tlale het die vertonings geopen. Sy ontwerpe het sterk kleure en aksente bevat met draperings wat hy dwarsdeur sy ontwerpe gebruik het. Danielle Margaux was die hoogtepunt van die dag. Die loopplank was vol vroulikheid, met ’n mengsel van helder en ligter skakerings van pienk en blou. Leigh Shubert se ontwerpe het gestreepte motiewe en ’n blerts kleur bevat. Lazuli, Imprint, Lara Klawikowski, AFI Next Generation, Tart, Shana, Ruff Tung en Klûk CGDT was ook daar.

Mercedes-Benz modeweek was ’n skouspel van talent en kuns… Tot volgende keer!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: modeweekMBFW

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

12 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.