kategorieë: Ontspanning

Bekende handelsmerk stel lipstiffie-reeks bekend

Die ontwerper en naamgenoot van die swierige rooi-sool hakskoen. Christian Louboutin, het onlangs sy planne vir ’n lipstiffie-reeks bekend gemaak. Dié reeks is deur Koningin Nefertiti en die Art Deco-beweging geïnspireer en gaan oor 38 kleure en drie verskillende teksture beskik, naamlik: Gladde Satyn wat die grootste gedeelte van die reeks sal opmaak en 20 kleure behels wat elk middelmatig tot volle dekking bied. Suiwer Voile met nege ragfyne kleure met ’n helder gloed en Fluweel Mat wat oor die oorblywende nege kleure beskik waarvan elk ’n ryk en ondeursigtige, mat-pigment tentoonstel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die ikoniese rooi skakering van die handelsmerk, genaamd Rouge, gaan ook in elke tekstuur beskikbaar wees en sal in ’n swart omhulsel verpak word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die res van die reeks sal in goue, keëlvormige skale wat elk met ’n klein ring toegerus is, verpak word. Ryg ’n dun lint of ketting deur die lus, en voila – die stuk verander in ’n stylvolle hangertjie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die reeks sal in September op die handelsmerk se webtuiste geloods word. Dit is egter duursaam en beloop ongeveer R 1 140 per lipstiffie wat dit een van die duurste lipstiffie-reekse op die mark sal maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

My storie: Nageboorte-depressie is ‘n werklikheid

Die sogenaamde "baby blues" is mos maar net ’n bietjie emosionaliteit wat vinnig weer oorwaai,…

10 hours Gelede

Wenke vir ’n klein woonkamer

Klein woonkamers kan met ’n bietjie gekullery heelwat groter lyk. Met die regte riglyne kan…

11 hours Gelede

Tradisionele melktert

Vir 2 middelslagterte   Bestanddele   Deeg: 500 ml (2 k) meel 10 ml (2…

11 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Luandri Reynders oor haar bittersoet Binnelanders-afskeid en nuwe begin

Ná byna vier jaar op Binnelanders het Luandri Reynders, geliefd vir haar vertolking van Karen…

13 hours Gelede

Jan Braai se Mieliepaptert

"In ’n wêreld vol onsekerheid het mieliepaptert my nog nooit teleurgestel nie. Dis ’n byna…

13 hours Gelede

Maak jou eie speelklei

Ons het ’n klompie oulike idees by ons sustertydskrif Your Family gekry waarmee jy jou…

13 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.