kategorieë: DieetGesondheid

Mielies en Moringa – en al die superkosse wat jy in 2020 moet ken

Mielies en Moringa – en al die superkosse wat jy in 2020 moet ken deur Salomé Delport. Hooffoto: Luis Echeverri Urrea/iStock

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Het jou huismense nie juis veel sin in groente nie? Verras hulle vanjaar met hierdie “nuwe” superkoel   supergroente.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Moringa

Dié plant is eintlik ’n boom en kan binne ’n jaar ’n yslike 3-5 m haal. Die boom kom oorspronklik van Indië maar groei maklik in Limpopo, Noordwes, Mpumalanga, Natal en die Wes-Kaap. Jy kan dit selfs in jou tuin kweek – met ’n bietjie ekstra water as jy in ’n droër klimaat bly.

Hoe eet jy dit?

Maak reg vir die dekade van die moringa – moringajogurt, moringatee, moringastafies, energiedrankies met moringa … Jy kan ook innoveer en moringapoeier oor jou pap strooi, by pesto voeg en selfs met ’n skeut daarvan souttertjies, koekies, nagereg en beskuit ’n hupstoot na die gesonder kant gee. As jy jou eie moringa kweek, oes die blare soos jy dit nodig het, verpoeier dit met jou stokmenger en voeg die poeier by jou resep. Dit smaak na groenboontjies maar is bietjie soeter en effens bitter – letterlik bittergesond.

Hoe lyk die gesondheidsvoordele?

Die sap, sade, bas, blare en blomme word al lankal in tradisionele medisynes gebruik om meer as driehonderd toestande te behandel, van ontwurming tot oorgewig.

Dr. Sunette Laurie, spesialisnavorser van die Landbounavor-singsraad wat die tweede Internasionale Moringasimposium in November verlede jaar georganiseer het, sê talle kleiner ondersoeke dui aan dat moringa werklike potensiaal het, veral vir diabetes, kanker, malaria, energie metabolisme, rumatoïede artritis en jig.

“Maar daar kort nog heelwat werk voor ons betroubare mediese bewyse het. Kom ons hoop stawende navorsing word so gou moontlik gedoen.”

Watter voedingstowwe is daarin?

Kyk net hierna: volgens ScienceDirect wys ontleding van die blare hulle bevat tot sewe keer meer vitamien C as ’n vergelykbare gewig lemoene, tien keer meer vitamien A as wortels, 17 keer meer kalsium as koeimelk, 15 keer meer kalium as piesangs en 25 keer meer yster as spinasie. Asof dit nie genoeg is nie, bevat die blare min kilojoules, wat dit goeie dieetkos maak.

Sunette is versigtiger in haar optimisme: “Moringa is wel ryk aan vitamien A en C, koper, yster, magnesium en selenium. Dis veral ’n goeie bron van aminosure (die boustene van proteïen), en gee jou twee derdes van die soorte wat jy nodig het.”

Duidelik moet ooroptimisme en superrealisme mekaar nog vind …

Nogtans is dit so voedsaam dat dit in lande soos Senegal gebruik word vir babas wat nie voldoende borsmelk kry nie. Trouens, borsvoedende ma’s vind ook baat daarby. Die blare bevat estrogeenvoorlopers wat vermoedelik die borskliere stimuleer om meer melk te produseer.

Dr. Laurie stem saam dat moringa kan help met wanvoeding, oorgewig, voedselsekuriteit en inkomsteaanvulling – veral om-dat die meeste van ons dit kan kweek.

Is dit veilig?

Dit word al eeue lank in Indië en Afrika gebruik: 5 g per dag behoort veilig te wees.

Regte, outydse mieliepap

Raak doodgewone geel mieliemeel ’n superkos as jy dit, soos die Italianers, “polenta” noem? Nee, ongelukkig nie, al is daar baie te sê vir mieliemeel én polenta. As jy allergies vir koringmeel is, is mielieprodukte immers ’n staatmaker.

Maar daar is een spesiale mieliepap in ons land beskikbaar: Toeka se Mieliepap, uit die groen lande van KwaZulu-Natal. Sover ons weet, is dit die enigste mieliepap mét mieliekiem.

Dieetkundige Jandri Barnard verduidelik dat wanneer mielies gemaal word drie produkte ontstaan: semels, mieliekiem en die mieliemeelstysel (mieliemeel). Die semels en mieliekiem word vir veevoer gebruik, al is dit eintlik die voedsaamste deel van die mielies.

Die gewone mieliemeel wat ons koop, is dus:

  • Wit mieliemeel wat fyn, superfyn of ekstra gesifte mieliemeel insluit. Dit gaan deur ’n maal- en siftingsproses wat die mieliekiem verwyder.
  • Geel mieliemeel: Ons ken dit as polenta maar eintlik is dit maar net gewone mieliemeel wat van ’n geelmielie-variëteit gemaak word, ook sonder mieliekiem.
  • Braaipap of growwe mieliemeel: Soos die vorige twee is dit gewone mieliemeel wat growwer gemaal is en daarom donkerder lyk.
  • Tradisionele mieliemeel: Die uitsondering is tradisionele mieliemeel, waar die mieliekiem en vesel behou word, met al die gesondheidsvoordele daarvan.

Wat maak dit beter as gewone mieliepap?

Die smaak, sê Frans Durr, van Vryheid, die enigste boer wat tans hierdie mieliepap maak. “Dit maak ’n soeter en romeriger pap as gewone mieliemeel. Ek eet myne nou sonder botter en suiker.”

Volgens Jandri is die voordele van dié vervaardigingsproses voedsaamheid:

  • Dit het ’n matige glukemiese indeks van 19,7 wat jou bloedsuikervlakke beter help stabiliseer.
  • Dit het 65% meer vesel, wat goed is vir spysvertering en ook help dat die mieliemeel stadiger omgeskakel word in glukose, en so ook jou bloedsuikervlak meer stabiel hou. Die twee aspekte saam maak dit voordeliger vir diabete en vir mense met hoër cholesterol.
  • Dit bevat 2-3 keer meer gesonde vette, want mieliekiem is  ’n mono-onversadigde vetbron en antioksidant, wat nie solied word by kamertemperatuur nie, en dus geen cholesterol bevat soos gevind in dierevette nie.
  • Dit bevat selfs yster.

Is dit veilig?

Al potensiële nadeel is dat mieliekiem galsterig kan word. Frans sê hul meel hou met gemak drie maande buite die yskas en tot ’n jaar in die yskas. Banters sal dit wel beperk of uitsny.

• Beskikbaar by sommige Spar-takke.

Nuwighede wat kom

Vleislose vleis

Nestlé het begin met veganis-variasies van burgers sonder vleis, spek of kaas, met heerlike handelsname soos Garden Gourmet en Sweet Earth.

Maar vegetariese maalvleis is ou nuus – almal kan dit doen. Die werklike nuwigheid is Novameat, wat in Italië ontwikkel word. Jou hoenderboudjie, biefstuk en tjoppie word met ’n 3D-drukker lewensgetrou nageboots om soos die ware Jakob te lyk en smaak.

Melk sonder die koei

“Melk” word lankal van plante soos amandels gemaak (wat streng gesproke nie melk genoem mag word nie) maar die jongste is Perfect Day in Amerika se “melk” wat deur gisswamme gemaak word. Net soos sekere giste druiwesuiker in wyn kan omskakel, kan ander giste suiker omskakel in melkwei (melkproteïen) wat gebruik kan word om jogurt en kaas en selfs melk te maak.

Brand ban word al meer bespreek.

Net soos tabakprodukte in lande soos Australië sonder enige aanduiding van die handelsmerk verkoop moet word, is daar al meer druk dat handelsmerke ook van ongesonde kosse moet verdwyn, soos suikerkoeldrank, skyfies, wyn … en seker sjokolade ook.

Onthou hierdie outydse superkosse!

As vandag se algemene groentes, soos spinasie, groenbone, beet en wortels net op eksotiese plekke gegroei het, was hulle vir seker superduur superkosse. Onthou, avokado’s, sampioene, botterskorsie, pampoen, neute en selfs grondbone bly ook superkeuses.

Vir nog goeie dieetwenke, loer hier

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.