kategorieë: TrendsMode

Modeweek Eksklusief: Hugo Flear vier vrouwees met 2019-reeks

Modeweek Eksklusief: Hugo Flear vier vrouwees met 2019-reeks deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee. Hooffoto: AFI

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die tweede dag van Kaapstad se African Fashion International (AFI)-modeweek het afgeskop met die Fastrackprogram waar opkomende ontwerpersfinaliste die geleentheid gebied word om hul talente voor die oë van kenners en plaaslike ikone te vertoon. As huldeblyk aan die sukses van hierdie program, is Hugo Flear, wenner van die 2013 Fastrack-kompetisie, as Alumnus uitgenooi om sy 2019-reeks bekend te stel.

Nie net het Hugo weereens sy talent bewys deur pragstukke wat herinner aan Afrika se skoonheid op die loopplank te vertoon nie, maar het hierdie jaar die tema, “Ageless” sterk beklemtoon deur vroue-ikone as modelle te gebruik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hugo Flear tydens Kaapstad Modeweek met sy 2019-reeks

Foto: AFI

Hoe het vrouemode Hugo Flear se kenmerk geword?

Hugo se aweregse uitkyk op vrouemode het sy ontstaan gehad in Beaufort Wes, waar hy gebore is en skoolgegaan het. Die omgewing se vroue is praktiese mense wat naby die natuur lewe. Die afgesonderdheid van hierdie landstreek se leefstyl speel ’n groot rol om die vroue af te sonder van die invloed van pop-kultuur op modeneigings. Die resultaat hiervan is vroue wat hul innerlike krag deur middel van unieke klerekeuses uitstraal en nie vasgevang word in modegiere wat vinniger verander as ’n Karoo-tolbos oor die vlakte nie.

Vanwaar die unieke modelkeuses vir die Kaapse Modeweek?

Die “Ageless” tema is geïnspireer deur die Karoovroue se talent om die lewe se volhoubare waardes aan hul kinders en kleinkinders oor te dra. Mooi klere moenie as die wenstreep vir sukses beskou word nie, maar as ’n moerslot vir die voertuig wat jou op die pad na innerlike geluk vergesel. Daarom het Hugo besluit om vyf sterk vrouefigure as modelle te gebruik:

  • Jackie Burger – Voormalige redakteur van ELLE-modetydskrif en stigter van Salon 58.
  • Irma Jones – Sy is die aanbieder van die Kyknet + Kie-program, “Tussen Ons”. Weg van die kassie af lewer sy ’n integrale bydrae tot die bevryding en opheffing van Suid- Afrikaanse vroue deur hul oor goeie finansiële bestuur te leer deur middel van Mikateko media.
  • Deborah Chambers – #deborahdarling het na die ouderdom van 50 jaar besluit om die helfte van haar gewig af te skud en die lewe met nuwe entoesiasme aan te durf. Sy gebruik sosiale media as haar platform om selfliefde en -waardigheid te promoveer.
  • Shany van den Berg – Hierdie Stellenboschse kunstenaar raak jou siel deur haar kunswerke aan wat die elemente van ’n vrou-, moeder- en kunstenaar wees vergestalt. Kontemporêre temas soos identiteit, familie en verbindwees spreek die gehoor op unieke maniere aan wat elkeen aan hul eie ervarings herinner.
  • Anja van de Zand – ’n Nederlandse leefstyl- en fiksheidsmagnaat wat 10 jaar gelede haar lewensdoel in Hangberg, Houtbaai ontdek het deur die kleuterskool, Angels to Little Angels te stig. Die doel van hierdie kleuterskool is om ’n gesonde grondslag vir die kinders van die Hangberg-gemeenskap se skoolloopbaan te bied.

Jou ontwerpe bevat ’n duidelike verwysing na Afrika-flora. Vanwaar het hierdie inspirasie ontstaan?

Die diversiteit van Suid-Afrika se inheemse blommeprag is Moeder Natuur se manier om vir ons te wys dat daar ’n plek vir ons elkeen is om te floreer.

Die nuwe reeks bestaan uit drie kenmerkende blomme:

Die Strelitzia verteenwoordig die warm Laeveld-klimaat. Daar is min mense wat weet van die verborge vyf koppe van ’n strelitzia-blom, dus word dit vergelyk met die mens se verborge talente wat soms uitstraal in ongewone omstandighede.

Die Kaapse fynbos en Koningsprotea is waarskynlik die bekendste van ons blommeprag. Min mense weet egter dat hierdie spesie die sensitiefste van ons inheemse plante is en dat die geringste versteuring aan die wortelstelsel die plant kan laat vrek. As ons om ons kyk, kan ons met ons medereisigers op ons lewenspad identifiseer: alhoewel sommiges sterker wortelstelsels as ander het, bly elkeen steeds broos.

Die Aalwyn van die Karoo lê Hugo baie naby aan die hart. Die uithouvermoë van hierdie plant stel dit in staat om selfs in vyandige omgewings te oorleef. Daar is ook bekoring in die wete dat die aalwyn, met sy galbitter smaak, tog wêreldwyd bekendheid verwerf het vir hul gesondheidsvoordele.

Watter ander tendense vergestalt die 2019-reeks?

Die bogenoemde plante dien as basis vir die Hugo Flear 2019-reeks wat uit 100% linne bestaan.

Die breedvoerige gebruik van ritssluiters in hierdie reeks beklemtoon nie net ’n nuwe modeneiging nie, maar weerspieël ook die onderliggende jaarringe van ’n moderne vrou wat (soos met ’n ritssluiter) ontsluit kan word om haar heerlikheid aan die wêreld te vertoon. Terselftertyd word hierdie tegniek in kontras gebruik om ook die moeiliker aspekte  van die lewe toe te vou en te beskerm.

Watter boodskap word deur die handelsnaam, Hugo Flear, vergestalt?

Die “Ageless” tema van sy vroueklere met natuurelemente vang Hugo Flear se liefde vir die natuur vas wat met sy ander liefde, mode, gekombineer word. Die hoofdoel van sy ontwerpe is om vroue te inspireer om altyd voluit te lewe. “Verskonings soos ‘ek is te oud, te jonk, te kort, te lank, te maer, te vet of te arm’ is almal net sinnebeelde van die verbeelding.”

Sy deurlopende tema bewys dat ’n mens oud genoeg is om vreesloos te lewe én jonk genoeg is om dit te geniet.

“Want die pad is lank en ek is kort; party dae pas ek in my skinny jeans en ander dae is ek dankbaar vir al die kos wat ek kon eet, want al is ek nie ryk nie, is my siel nie arm nie.” –  Hugo Flear

Foto’s: AFI

Lees ook: 5 vinnige modetruuks wat jou uitrusting afrond

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.