kategorieë: Ontspanning

Ons gesels met Liana van Mooimaak 2

Ons gesels met Liana van Mooimaak 2. Inligting en foto’s verskaf deur kykNET en Mooimaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Liana het onlangs ophou rook en wou graag haar voorkoms verander nadat sy die afgelope paar jaar ’n lae selfbeeld ontwikkel het. Met die toegewyde bystand van haar man het Liana ’n ongelooflike transformasie ondergaan by Mooimaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Om meer uit te vind oor die behandelings wat Liana ontvang het, klik hier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoekom het jy ingeskryf?

Ek het op 19 Februarie 2018 opgehou rook na 39 jaar en na 2 weke het ek steeds onttrekkings en cravings gehad. 5 Maart was die sluitingsdatum van die kompetisie en op daardie dag het ek die advertensie gesien en net daar en dan besluit om ’n kans te vat en in te skryf. Ek het nie eers gedink hulle sou my inskrywing raaksien nie! Vandag glo ek dit was Jesus se bederfie vir my omdat ek opgehou rook het.

Wie het jou aangemoedig om in te skryf?

Ek het myself aangemoedig. Ek het baie verouder in die afgelope 5 jaar en ek het net ’n punt bereik waar ek glad nie meer goed oor myself gevoel het nie. Dit het my in ’n kluisenaar verander. Ek is al vir die afgelope 2 jaar besig met my eie pelgrimsreis om myself as persoon te verander. Hierdie voel vir my soos die kersie op die koek.

Wat hoop jy om uit die transformasie te kry?

Ek hoop om my selfvertroue weer terug te kry. Ook om nederig te bly na al die oorweldiging en veranderinge van hierdie proses.

Vertel ons oor die proses. Was die pyn die moeite werd?

Die proses is nogals intens: Dit was onder andere tweeweeklikse behandelings, herstel, verfilming en talle ander reëlings en gebeurtenisse wat mens die hele drie maande besig gehou het. Die pyn was deur en deur die moeite werd 🙂

Sal jy dit weer doen?

Beslis.

Waarvan hou jy die meeste na die transformasie?

Ek hou van alles, maar die nuwe glimlag is ekstra spesiaal.

Waarvoor sien jy nou kans wat jy nie voorheen wou doen nie?

Om weer met mense kontak te hê en met selfvertroue ’n gesprek te kan voer.

Hoe verander dit hoe jy jouself sien?

Ek het weer energie en lus vir die lewe!

Sou jy iemand anders aanraai om deur die proses te gaan?

Beslis! Dit is ’n absolute onvergeetlike maxi-bederf lewensveranderende reis wat ek nooit sal vergeet nie!

Voor

Na

Volg Mooimaak op hul webblad, facebook en Instagram. Skakel Donderdagaande in om 20h30 om hierdie reeks te kyk.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

15 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.