kategorieë: Ontspanning

Ons gesels met Marisa van Mooimaak

Ons gesels met Marisa van Mooimaak. Inligting en foto’s verskaf deur kykNET en Mooimaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Om meer uit te vind oor die behandelings wat Marisa ontvang het, klik hier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoekom het jy ingeskryf?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Albei my dogters het my ingeskryf en Elizabeth, my oudste, se brief is uiteindelik gekies.

Wie het jou die meeste aangemoedig om in te skryf?

Soos ek genoem het was dit my dogters, hulle het my ook ontsaglik sterk bygestaan en aangemoedig regdeur die hele proses.

Wat hoop jy om uit die transformasie te leer?

Dat dit nooit te laat is om ’n nuwe hoofstuk in jou lewe te begin nie.

Na wie se reaksie sien jy die meeste uit en hoekom?

Elizabeth, my oudste dogter, want ek sien haar net elke twede of derde maand. Maar eintlik albei my dogters – hulle is albei my hart se punt.

Hoe verander hierdie ervaring hoe jy jouself sien?

Ek is beslis meer positief. Ek sien weer kans om dinge buite my “comfort zone” aan te pak en ek het weer lus vir die lewe. Ek sien baie uit na hierdie nuwe hoofstuk in my lewe – dit gaan beslis een van die bestes wees!

Beskryf die proses. Wat die pyn die moeite werd?

Ek moet sê, dit was party dae nie maklik nie en ek het vele male ’n paar trane weggepink, maar as ek nou na die afgelope paar maande kyk was dit tog nie te erg nie en beslis die moeite werd.

Sal jy dit weer doen?

Sjoe, beslis!

Waarvan hou jy die meeste na die transformasie?

Om te kan glimlag sonder om my tande weg te steek.

Waarvoor sien jy nou kans wat jy nie voorheen wou doen nie?

Ek dink enige iets wat my kant toe gaan kom sal ek nou met oorgawe aanpak, ek is glad nie meer skaam oor my voorkoms nie! (Ek gaan al kerk toe sonder grimering – en ek sou dit nooit vantevore doen nie).

Sou jy iemand anders aanraai om deur die proses te gaan?

Baie baie beslis, dit was ’n wonderlike ondervinding – om nie eens te praat van die wonderlike mense wat almal deel was van die proses nie.

Voor

Na

Volg Mooimaak op hul webblad, facebook en Instagram. Skakel Donderdagaande in om 20h30 om hierdie reeks te kyk en besoek die webblad vir herhalingstye.

Lees ook ons ander onderhoude met Mooimaak-deelnemers

Ons gesels met Bridget

Ons gesels met Liana

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

17 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.