kategorieë: TrendsMode

Mooiste klere vir mini-modebewustes

Cotton On Kids

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hierdie reeks t-hempde van Cotton on Kids sal enige klein rocker soos die koelste kind op die blok laat lyk. Dit vertoon bekendes – van Bowie, Run DMC en Nirvana. Die reeks is prettig met ’n bietjie houding. ’n Kombinasie van gryse en dapper swart verskyn in die reeks. In die seuns-reeks sal jy helder rooie en bloue sien, terwyl die meisies se klere aangevul word met ’n sagter palet van romerige vanielje en pastelle.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tiny Tribe

Nadat Linda se seuntjie, Alexander, in 2013 gebore is, het sy gou besef dat daar ’n ernstige tekort is aan “trendy monochrome”-klere vir kinders! Sy ken die modebedryf, en het nog altyd ’n groot liefde vir mooi lap gehad, en so het die idee vir Tiny Tribe Kids ontstaan. Sy het begin om haar eie lap te druk, omdat sy nêrens geskikte materiaal kon vind nie. Sy druk elke broekie self en alles in die reeks word 100% plaaslik vervaardig. Die splinternuwe somerreeks sal in September bekendgestel word. Hou ’n ogie op sosiale media om op die hoogte te bly! www.tinytribekids.com

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Mr Price

Prettig, fleurig en vol lekkerte. Die Mr Price-reeks vir kinders fokus op gemak en vier die jonger siele. In die reeks is daar alles van sagte pastelkleure wat afgewerk word met frilletjies en metaal-bedrukkings, tot gebleikte denim met rock-en-roll-afwerkings. Retro-sonbrille en kleurryke rugsakke met speelse bykomstigehede vorm deel van die jeugdige en vreugdevolle reeks.

Sticky Fudge

Sticky Fudge het 7 jaar gelede by ’n organiese en natuurlike produkte-mark in Stellenbosch begin. Vandag word die kledingstukke in byna 40 lande regoor die wêreld verkoop, insluitend die mode-hoofstede New York, Londen, Milaan en Hong Kong. Die reeks neem jou na ’n plek van kinderlike onskuld en ’n magiese wêreld van moontlikhede. Kry die somer-versameling vanaf einde September by Sticky Fudge-winkels en www.stickyfudge.com

Country Road Kids

Ontwerp met die dames-versameling in gedagte, sal mini-modebewustes lief wees vir ’n meer speelse vertoning van folk-drag, met borduurwerk en afdrukke in kombinasies van rooi, pienk en room in die jongste Country Road-reeks vir kinders. In die reeks is sage en houtskool soet en veelsydig met silwer metaal wat deurkom. Blomme, broderie en pom-pom-afwerkings rond die reeks mooi af. In die seuns-versameling is ligte sweetpakke en t-hempde te sien. Kledingstukke bevat ook ruimte-afdrukke en dinosourusse.

Dandy Lion

Dandy Lion is deur ’n passievolle mamma-entrepreneur, Lehani Steyn, gestig wat graag ander vroue se werk in die plaaslike gemeenskap ondersteun. Dandy Lion gebruik net plaaslike lap en werknemers om stylvolle kleure vir kleintjies te maak wat lekker dra én pragtig lyk. Van gemaklike harembroeke tot die oulikste mussies met haas-, jakkals- of beertjie-oortjies, is dit prettig, prakties en perfek vir kinders vanaf geboorte tot 4 jaar. Gaan kyk gerus op hul Facebook-blad vir die jongste ontwerpe.

H&M

Die jongste H&M-reeks vir kinders word beïnvloed deur sagas soos Alice in Wonderland of die Sweedse verhale van John Bauer, met versierings en afdrukke wat noodsaaklik is vir die voorkoms wat hierdie skouspelle vertoon. Die versameling sal beskikbaar wees in uitgesoekte H&M winkels wêreldwyd, vanaf 8 September. Rokkies in die reeks is ’n speelse fantasie, met ’n roosbedrukte rokkie en ’n wit langmou folk-rok met ’n kant-afwerkings aan die voorkant asook onder ’n wye romp. Leerbaadjies en broeke het ’n rock-ster houding, terwyl ’n grys snyersbaadjie óf ’n gestreepte baadjie met ’n bypassende broek die reeks speels maak.

Deel
Gepubliseer deur
Daniela du Toit

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.