kategorieë: Leef gesondGesondheid

Motorneuronsiekte: 5 vroeë simptome om raak te sien

Motorneuronsiekte: 5 vroeë simptome om raak te sien deur Salomé Delport. Hooffoto: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Mens is so hartseer as jy hoor dat ’n bekende of ’n vriendin met een van die groot ongeneeslike siektes  soos motorneuronsiekte (MNS) gediagnoseer is. Wat gaan aan, wonder mens? Word al meer mense aangetas?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit lyk nie asof motorneuronsiekte toeneem nie, maar daar is in enige gegewe jaar sowat 500 000 mense wêreldwyd wat daarmee saamleef. En tog, as twee van ons bekendes binne weke van mekaar met motorneuronsiekte gediagnoseer word, voel dit asof dit dalk nie so skaars is nie. So, wat moet jy weet oor MNS? Ons lys hieronder vyf eerste tekens, vyf later simptome en twee onverwagte simptome. Maar eers ’n bietjie agtergrond oor die siekte gaan jou help om vreemde simptome by jouself beter te interpreteer:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat is motorneuronsiekte (MNS)?

Om die siekte kortliks te beskryf: Die senuwees wat die boodskappe van jou brein na jou spiere moet oordra sodat jy kan trappe klim, tee drink of bestuur gaan stadigaan tot niet. Sonder hierdie senuwees raak die spiere stram en swak.

Daarby verloor jy geleidelik die vermoeë om willekeurig jou spiere te gebruik – aan die een kant omdat hulle verswak en aan die ander kant omdat die senuweeboodskappe nie oorgedra word nie. Daarom trek jou spiere onbeheerbaar saam (twitch) en/of gaan in spasmas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die spiere van die arms, bene, hande, keel en tong word eerste aangetas. Jy sien dus eers probleme hier.

Niemand weet werklik wat die snellers is nie. Motorneuronsiekte is die versamelnaam vir ’n aantal siektes, waarvan party geneties oorgedra word, terwyl die res lukraak en sonder duidelike rede of patroon toeslaan en beslis geen genetiese komponent toon nie. Mense sluit dikwels Lou Gehrig se siekte, Kennedy se Siekte en ’n string ander outo-immuunsiektes soos Gravessiekte en selfs rumatoïede artritis in by motorneuronsiekte.

iStock/Rost-9D

Hoe sal ek weet as ek motorneuronsiekte het?

Ons het die vyf hoofsimptome hier gelys. Dit is en bly ’n seldsame siekte. Maar gaan hierdie lys van simptome van MNS, soos dit kortweg genoem word, deur en stel jouself gerus. En as iets skort? Maak ’n afspraak met jou dokter.

Vyf van die heel eerste simptome van motorneuronsiekte

Al jou simptome sal met aantasting van jou spiere verband hou. Hier is tipiese eerste tekens van motorneuronsiekte:

1 Dinge val uit jou hande uit. In effek verswak jou handgreep. Daaroms begin jy  sukkel om dinge te doen wat ’n stewige handgreep vereis, soos om ’n koppie koffie vas te hou of om netjies te skryf of items op te tel.

2 Jy raak al lomper en struikel maklik. Jy val en strompel gereeld, sonder rede. Jy verloor maklik jou balans.

3 Jou manier van loop verander. Jou beenspiere is aangetas, en daarom kan jy effens sleepvoet loop of sukkel trappe te klim. Bewegings soos om ’n bal te skop kom nie vanself en natuurlik nie.

4 Jy stik maklik. Jou keelspiere is aangetas, en daarom sluk jy moeiliker. Jy kan nie kos fyn kou nie, wat ook bydra dat jy stik.

5 Jy praat effens onduidelik, asof dit moeite is. Jy kan sleeptong praat of lispel, asof jou tong swaar is en jou lippe nie die woorde wil vorm nie, omdat jou tong- en mondspiere aangetas is.

iStock/scyther5

Vyf later simptome van MNS

1 Jy raak kortasem, omdat jou longspiere nie goed saamtrek en ontspan om genoeg lug in te asem nie.

2 Jy raak ontsettend moeg, omdat jou spiere verswak en dit wat oor is baie hard moet werk.

3 Jy ervaar baie spierpyn en styfheid.

4 Jy kwyl, omdat jou slukspiere aangetas is.

5 Jy ervaar spasmas en sametrekkings, veral in jou arms en bene.

iStock/PeopleImages

Twee onverwagse simptome van motorneuronsiekte

1 Jou stem verander. Jy kan byvoorbeeld hees raak en baie sagter praat.

2 Jy kan onbedaarlike en onvanpaste huilbuie en/of lagbuie kry, ook omdat die senuwees tot niet is.

iStock/MicroStockHub

As jy bekommerd is, skakel jou huisdokter.

Lees ook: Fokus op laer soutinname hierdie Soutbewustheidsweek

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.