'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
Kom geniet vanaf 24 tot 28 Augustus 2016 drie musiekkonserte ten bate van Boere in Nood (BIN) by die Jakaranda Landbouskou! Van die land se voorste kunstenaars gaan optree, en die skou dien ook as ’n pretdag vir klein en groot. Jy kan uitsien na uitstekende wyn, kos en baie meer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
• Woensdag, 24 Augustus en Donderdag, 25 Augustus
Tertius, Dagdroom Orkes, Nolene Olivier, Blouklip Band, Franna
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }• Vrydag, 26 Augustus
Andriëtte Norman, Ricus Nel, Matthys Roets, Rinel Day, Dagdroom Orkes, Kurt Darren
• Saterdag, 27 Augustus
Armand Hofmeyr, Arno Jordaan, Heinz Winkler, Dewald Dippenaar, Jay
• Sondag, 28 Augustus
Marlé Fourie, Franna Benade, Danie Botha, Piet Smit
Die vertonings word by die toegangsfooi (kaartjies by die hek beskikbaar) van die Jakaranda Skou ingesluit en jy kan jou eie piekniekkombers en stoel saambring.
Die skou, wat by die Tshwane Events Centre gehou word, het ’n vennootskap met Boere in Nood aangegaan om fondse in te samel ten bate van boere wat swaarkry as gevolg van die voortdurende droogte.
Santie Roux, woordvoerder van BIN, sê boere kry veral swaar in droogtegeteisterde gebiede in die Vrystaat, Noordwes, Limpopo, sekere dele van KwaZulu-Natal en Noord-, Oos- en Wes-Kaap. “Die BIN-konserte by die Jakaranda Skou is vir ons ’n ideale geleentheid om fondse in te samel om diere te help, ’n glimlag op ’n boer se gesig te sit en om ons omgee vir ons land se produsente te wys. Dit gee ook aan ons die kans om die publiek in te lig oor hoe groot die nood werklik is.”
Hekke is oop van 08:00 tot laat (ná die konserte). Sale is oop van 09:00 tot 18:00.
Kaartjies: Volwassenes R70 per persoon, skoliere R50 per persoon, voorskoolse-kinders gratis. Parkering beskikbaar in WF Nkomo (Kerk) Straat teen R20 per voertuig.
Vir meer inligting oor die Jacaranda Landbouskou, besoek www.jacarandashow.co.za. Kaartjies te koop by Ticketpro.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.