Ingredients
- Kors
- 280 g koekmeel
- 10 ml (2 t) bakpoeier
- ’n knypie sout
- 125ml suiker
- 180 g botter
- 1 eier
- 1 eiergeel
- 10 ml (2 t) yswater
- Vulsel
- 250 ml (1 k) sultanas
- 60 ml sjerrie
- 5 ml (1 t) water
- 1 x 765 g-blik tertappels
- 60 ml suiker
- ’n knypie kaneel
- 10 ml (2 t) mielieblom (Maizena)
Instructions
- Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit een 23 cm-tertpan met kleefwerende kossproei
- Sif die meel, bakpoeier, sout en suiker saam. Vryf die botter met jou vingerpunte in tot die mengsel soos broodkrummels lyk.
- Klits die eier, eiergeel en water saam en roer by die meelmengsel in tot ’n deeg vorm.
- Verdeel die deeg in twee stukke.
- Vorm elke bol deeg in ’n plat skyf en draai in kleefplastiek toe. Sit vir 20 min. in die yskas.
- Rol die groter skyf deeg op ’n skoon, meelbestrooide werkvlak uit en voer ’n tertpan daarmee uit.
- Prik die boom met ’n vurk en bak vir 10-12 min. tot strooikleurig.
Laat afkoel.
Vulsel
- Week die sultanas in die sjerrie tot plomp en uitgedy.
- Meng die mielieblom en water en voeg saam met die sultanas by die tertappels, suiker en kaneel. Skep die vulsel in die kors.
- Rasper die res van die deeg met die growwe kant van die rasper in ’n egalige laag oor die tert.
- Bak vir 25-35 min. tot die tert goudkleurig is. Sit met warm room voor.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); } '); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); } '); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Onlangse plasings
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.