kategorieë: Ontspanning

’n Koninklike viering

Sy het te fraai gelyk in die koninklike dooprok wat van Honiton-kant en wit satyn gemaak is, terwyl haar ma, Catherine Hertogin van Cambridge, haar in die familie se stootwaentjie na die kerk geneem het. Haar dooprokkie is ’n handgemaakte replika van die oorspronklike familie-rok wat sedert 1841 in doop-seremonies gedra is en die stootwaentjie is die einste een wat tydens Prins Edward en Prins Andrew se seremonies gebruik is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Alle oë was egter nie net op die Prinses nie. Haar ma het pragtig gelyk in ’n roomkleurige Alexander McQueen jas en bypassende Jane Taylor hoed terwyl Tannie Pippa in ’n soortgelyke Emilia Wickstead jas en Jane Taylor hoed uitgevat was. Klein Prins George het ook talle harte in sy wit en rooi uitrusting gesteel terwyl hy saam met sy ouers en sussie na die kerk gestap het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die dag was ook deur aanhangers gevier wat buite die kerk bymekaargekom het om die koninklike baba en haar gesin geluk te wens.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hier is ’n paar foto’s wat dié koninklike mylpaal vasvang:


Die koninklike gesin ná die seremonie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Catherine Hertogin van Cambridge en haar dogter, Prinses Charlotte.


Prins George vergesel sy ouers en sussie terwyl hulle na die kerk stap.


Die familieportret van dié groot dag.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

5 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.