kategorieë: Blogs

’n Ma kies nie

Sommige weke is net moeiliker as ander. Hierdie was so een.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ek leer weer: daar’s ’n ragfyn draad tussen vreugde en hartseer, lewe en dood.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die nuus van ’n oud-kollega, later my baas en oor-die-jare-vriendin se skielike dood na ’n kort kankerstryd vang my onkant. Ek het geweet haar tyd is min. Sy ook. Maar die vroegoggend-sms wat sê sy’s weg laat my steier. Ek gaan sit plat op die vloer, haardroër in die hand, en staar in die spieël. Dis verby. “Sy’s weg,” sê ek hardop vir die vrou. So asof ek hoop dat sy, die een met die nat hare, dit sal glo.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe nou?

Wat maak ek met jou nommer op my foon? Hou dit? Vee dit uit? Bel dalk om te kyk of jy nie tog nog een keer wil optel en my nooi vir daardie koffie waarvoor nie een van ons ooit tyd gehad het nie? Kom ons probeer net een keer weer. Toe?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die ma in my praat die warboel in ’n ander rigting stil:  ’n ma kies nie om haar kind te los nie. Nooit. Die lewe doen. En die dood. As sy kon sou sy die jong vrou wat nou alleen agterbly vir ewig naby hou. Soos kleintyd in die besige koerantkantoor, toe daar elke middag twee boksterte agter die lessenaar uitgeloer het.

“Hier, waar ek jou kan sien,” hoor ek die moeder praat.

Dis die volgende aand, by David Kramer se verwerking van Willy Russell se musiekblyspel Blood Brothers. En daar’s dit weer, die storie van ’n ma wat nie self kies om haar kind te los nie. Want as hierdie desperate moeder anders kon het sy nie een van haar tweelingseuns vir ’n ander gegee om groot te maak nie. Die lewe het gekies. En later ook die dood.

Terug by die huis vra ek my agtjarige: “Waar bly Mamma?” Die geoefende antwoord: “In my hartjie.” Gang-af kry ek die vyfjarige: “Waar bly Mamma?” Sy sug, lig die hand, vermakerig-verveeld: “Mos in my hartjie.”

Liewe Kinders, glo dit maar: Mamma bly in julle hartjies. Dáár kan julle haar kry. Elke dag. Glo ek. Troos ek. Lééf ek.

En jy liewe grootmenskind: kyk mooi, sy’s dáár. Haar spore diep getrap.

Sommige weke is net moeiliker as ander. Ek leer weer: ’n ma kies nie om haar kind te los nie. Die lewe doen. En soms, ja soms, ook die dood.

Tot volgende week,

Marí
www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.