kategorieë: Ina GenadeBlogs

’n Ma se salaris

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ons gesels onlangs oor beroepe en my negejarige seuntjie wil weet: “Mamma, hoeveel geld kry ’n mamma vir haar werk?”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek, effe onkant gevang, begin filosofies-met-’n-bietjie-reverse-psychology-ingewerk: “’n Mamma word nie in rande betaal nie, Liefie, maar in drukkies en liefde en met soet kinders …”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Waarop hy kopskuddend verklaar: “Nee wat … Daarmee kan g’n mens Lego’s of PlayStation games koop nie. “En aan sy sewejarige sussie: “Ek hoop nie JY wil eendag ’n mamma word nie.”

Waarop sy natuurlik met ’n dramatiese oogrol uitroep: “Ek wil NIE eendag ’n mamma word nie, Domkop, ek wil ’n pom-pom meisie wees wat in Getroud met Rugby speel!”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maar, daardie heel nuwe bekommernis oor my jongste se ongesonde voorliefde vir sepies en skynbare gebrek aan ambisie – kan sy nie maar eerder ’n rol wat darem dialoog behels wil losslaan nie? – vir eers tersyde.

My seunskind se woorde het my wel aan die dink gesit: Hoeveel is ’n mamma werd?

Ons ken almal die gesegde “haar gewig in goud werd” (ek sou moontlik vir Anglo ’n stewige hupstoot kon gee hier) en as sy boonop deugsaam is, beraam die Bybel haar waarde “ver bo korale”. Maar, figuurlike goud en korale betaal nie rekeninge nie. So, hoeveel is ’n mammasalaris in rand en sent?

Ene Lenerd Louw, die grootbaas van ’n direkte lewensversekeringsmaatskappy, is van mening dat dit bereken kan word dat ’n tuisblyma gemiddeld 94.4 ure elke week werk en dat al die onderskeie werkstitels soos kinderoppasser, skoonmaker, kok, chauffeur, hulponderwyser, skooltaaknavorser, verpleegster, troeteldierversorger, binneshuisversierder, berader, konflikfasiliteerder, sekretaresse, bode, funksiekoördineerder, naaldwerker en dies meer die gemiddelde gesin ’n verbysterende R450 000 per jaar sou kos om iemand van buite in daardie rolle aan te stel!

Louw verduidelik: “Moenie gekondisioneer word deur te glo dat die waarde van ’n individu gemeet kan word aan die inkomste wat hy of sy genereer nie.  In ’n gesin is die tuisteskepper net soveel ’n bydraer as die persoon wat die geld verdien en die finansiële verliese wat in die tuisteskepper se afwesigheid gely sal word is ’n duidelike bewys hiervan”.

Nou ja, alles goed en wel. Voor ek té opgewonde begin rondtrippel oor my waarde van bykans ’n halfmiljoenrand per jaar, moet ek darem erken dat ek myself met geen sulke illusies in die pos as tuisblyma aangestel het nie.

Ek doen dit meestal – maar soms morrend, moeg en moedeloos – vir die liefde van die saak. En omdat ek, beheervraat wat ek is, my nie kan indink dat ’n ander mens eerste my kinders se stories aanhoor op pad huis toe van die skool af nie. Ek wil eerstehands hoor wat lekker was van hulle dag, wat hulle alles geleer het en wie hulle harte bly gemaak het. Ek wil weet wat my kinders vir middagete eet – al is dit soms ’n piesang en ’n drinkjoghurt op pad netbal of hokkie toe. Ek wil die een wees wat die graadtweetjie se huiswerk nasien as sy klaar is. Ek wil die een wees wat my graadviertjie se opsommings voor ’n toets nagaan om seker te maak hy het al die feite neergeskryf.

Ek wil die een wees wat ’n pleister plak op ’n nerf-af knie – en hart.

Ek gesels soms met vriendinne wat kantoorure buite die huis werk. Ek weet nie hóé hulle alles in hulle dag pas nie. Ek skat dit help as mens iemand betroubaar het wat na jou kinders se fisiese en emosionele behoeftes kan omsien terwyl jy nie tuis is nie en ook jou huishouding kan behartig.

Sodra ek wil begin mor oor die ondankbaarheid verbonde aan self kinders grootmaak en self huishou en die nimmereindigende siklus van sorg en skrop, onthou ek dat dit mý keuse was. My vryskuture gee aan my die geleentheid om daar te wees vir die meeste belangrike gebeure in my kinders se dag – soos sportwedstryde in die middel van die dag in die middel van die week; soos koekverkopings en sportdae waar mens binne die eerste halfuur onder die spookasemtafel wil wegkruip van die chaos, maar jy weet dit beteken tog vir jou kinders iets om te sien hulle mamma help by die skool; wanneer die oproep van die skool af kom dat jou kind siek geword het en jy dankbaar is dat jy alles net so kan los en hom gaan haal.

Die waarde hiervan kan met geen som bereken kan word nie.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.