Leer langhaarmat van Cielo lifestyle
Kleur is die beginpunt van jou keuse. As jy reeds ’n kleurvolle vertrek het, kies ’n eenvoudige mat in die skakering van een van jou hoofkleure. As jy lus is vir ’n kleurvolle mat, is dit makliker om eers die mat en dan die meubels aan te koop.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Neem ook die skakerings van jou mure en ander vloerbedekking in ag. As jy neutrale meubels het, is ’n oordadige en kleurvolle mat net wat jou vertrek nodig het om dit tot die volgende vlak te neem.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
’n Vertrek met ’n mengsel van verskillende teksture kom ryk en en warm voor. Daarom is die tekstuur van jou mat baie belangrik. Die keuses in teksture is eindeloos.
Laat die res van jou meubels jou in hierdie keuse lei. Fluweel-bekleedsel en sisal is goeie pasmaats. So ook die kombinasie van ’n leerbank en ’n langhaar skag.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
’n Los mat behoort so groot te wees soos jou sit-area. Al leun net die voorste voetjies van jou meubels op die rand van die mat, is dit reg. Onder ’n eetkamertafel behoort jy jou stoel te kan uittrek terwyl dit steeds op die mat rus.
• @Home 0860 576 576
• Airloom 021 932 6318
• Gonsenhausers www.finerugs.co.za
• Hertex 0860 437839
• Weylandts 021 914 1433
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.