kategorieë: Dra dit so

Trek só meer modern aan

Ontmoet die kenners

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1 Kies die regte broek

Met die jare verskuif die kontoere van ’n mens se lyf (soos jou middellyf wat sommer oornag verdwyn!) – al behou jy dieselfde gewig, meen Elsa Kruger. Kies daarom ’n broek wat beter aan jou lyf sit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Minnette Oliver se raad is om eerder weg te bly van ’n wye pyp of bootleg-broek. ’n Noupyp of regaf broek is op die oomblik ’n meer moderne snit en jy sal nie lyk asof jy in die jaar 2003 agter gebly het nie. Boonop is dit verslankend en dus meer vleiend.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Denim is steeds ’n groot trend op die oomblik en is iets wat enigiemand van enige ouderdom kan dra.

#rooirosewenk: Kies ’n denim wat ’n klein bietjie rek. Dit laat die denim nader of bo jou middel sit sodat daar geen muffin-rolletjie is nie. ’n Denim in donkerder skakerings is altyd meer vleiend.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2 Dra gerus wit

Wit naby jou gesig lig jou gelaatstrekke. Coco Chanel het gesweer by ’n wit kragie, ’n string pêrels of ’n wit kameliablom naby haar gesig. Elke vrou moet ’n perfekte wit hemp hê, is Elsa se raad. Minnette se stylraad is dit eens: donker kleure naby jou gesig beklemtoon donker kringe onder jou oë waar wit weer die teenoorgestelde effek het en jou gesig verhelder en verlig.

Kies ’n bloes in ’n interessante styl, meen kenner Cathi Trevor. Bloese is steeds groot nuus hierdie seisoen. Besluit op een met ’n unieke kraag of wyepyp mou (veral vleiend vir daardie bo-arms wat beweeg).

3 Waag ’n trend

Een van die jongste modeneigings op die oomblik is die trainer trend (tekkies). Cathi sê dit is een van die beste trends nog. Dit lyk nie net koel nie, maar dit is super gemaklik, stylvol en ’n veelsydige item in jou klerekas. Jy mag dalk dink “Ek sal dit nooit kan dra nie”, maar dink weer. Jy kan dit dra by broeke, rompe, rokke en selfs by jou jou werkspakkie.

Minnette se stileer-wenke

  • Wys jou enkels. Minette sê: “Daar moet geen sokkie uitsteek nie, die doel is om jou enkels te sien.”
  • Rol jou broekspype om (1 tot 2 cm), dit sal jou enkels en bene slanker laat vertoon, omdat dit die dunste deel van jou been beklemtoon.
  • Probeer jou tekkies by meer formele uitrustings vir die beste “sports luxe“-voorkoms.

#rooirosewenk: As jy nie weet watter styl om te kies nie, kies ’n paar tekkies in swart en wit, wat enige uitrusting sal komplimenteer.

4 ’n Goeie kwaliteit baadjie

’n Mooi getailleerde baadjie is een van die veelsydigste kledingstukke wat jy in jou kas kan hê. Dit werk ewe goed by ’n denim as by ’n eenvoudige slooprok of romp, sê Elsa.

Cathi is in akkoord en meen ’n goeie kwaliteit baadjie is ’n moet-hê item. Spandeer gerus daardie ekstra bietjie geld op goeie materiaal en teksture, maar maak seker dit sit goed aan jou lyf. So ’n baadjie is ’n tydlose belegging. Kies een in swart, vlootblou of grys om seker te maak dat dit by soveel moontlik uitrustings pas.

#rooirosewenk: Rol jou moue op vir daardie ekstra tikkie cool.  Probeer ook ’n leer- of denimbaadjie wat ’n jeugdige voorkoms gee.

5 Moenie bang wees vir bykomstighede nie

Probeer ’n slag iets nuut. Verruil jou alledaagse oorbelle vir ’n interessante ontwerp of ’n deftige halsnoer. Sien byskomstighede as jou geheime wapen wat nuwe lewe aan ’n doodgewone uitrusting kan gee. Maar die belangrikste, sê Cathi, is dat jy dit moet geniet om met bykomstighede te speel en te stileer.

Hoe ouer jy word, hoe meer kleurvol, flambojant en eksentriek kan jy met jou bykomstighede wees. Mooi groot, duursame en stylvolle (nie goedkoop Made in China nie) ringe, armbande, halssnoere, hoede, serpe en oorbelle laat jou interessant en byderwets lyk, is Elsa se styl-raad.

6 Wees jouself!

Styl-ikoon Jackie Burger se raad is om jouself te wees! Selfaanvaarding is onvoorwaardelik en fokus altyd op jou bates.

“Hoe ‘ouer’ ek word, hoe meer bevrydend voel ek oor my styl en wie ek is. Ek baklei baie dae teen die plooie, sagter lyf, meer rondinge en al die ander skadu-gedagtes wat op ’n af-dag oor my skouer loer en my spieëlbeel tart. Dan haal ek diep asem en vra myself eerlik of ek regtig die horlosie wil terugdraai. Die antwoord is toenemend speels en aspris en môre durf ek weer ’n nuwe kleur lipstiffie aan, groei vir ’n slag my hare omdat ek lus is en verf my naels ’n prontuit rooi. Ek dra my vintage tuxedo-baadjie oor ’n kraakwit hemp met oordadige moue en my ou gebleikte jeans voel sexy en gemaklik. Wit sneakers met metaal-detail vir lekker loop en ’n tikkie aweregs!”

Ons stem saam. Beklemtoon jou goeie bates en geniet jou styl-avontuur.

Loer gerus na Ari Seth Cohen se Advanced Style Instagramblad vir inspirasie!

Deel
Gepubliseer deur
Justine Kroes

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.