kategorieë: Dra dit soMode

Troukoors: Wenke vir hierdie seisoen se trou-uitrustings

Troukoors: Wenke vir hierdie seisoen se trou-uitrustings deur Susra Matthee en Bea Lingenfelder. Hooffoto: Forever New

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dis weer tyd vir troues en ons wonder gereeld wat om te dra by ’n troue wanneer jy ’n gas is. Ons modespan deel hul beste raad.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Hou by jou styl

Jy hoef nie onder die trou-uitrusting-paniek te knak en oordrewe blomme- of kolwyntjiekleure te dra nie. As dit jou voorkeur is, mag jy selfs swart na ’n troue dra, maak net seker dit is ’n interessante swart skepping en sorg dat jy ook nie jou bykomstighede afskeep nie.

Lees ook: Trou mooi vir minder

Eenstuk: Witchery, Hakskoen: ALDO, Palmsakkie: Willow Tree, Hangertjie: ByCara

2. Neon is in!

Moenie met die bruid se rok kompeteer nie –  dit is darem haar dag! Vermy baie ligte kleure ten alle koste. Die maklikste is om vir die helderste en grootste tendens van dié somer te gaan, naamlik neon. Hou die res van jou bykomstighede egter neutraal.

Rok: Scotch&Soda, Hakskoen: Steve Madden, Oorringe: Country Road

3. Blink bly bobaas

Jy mag beslis blink dra by ’n troue. Jy kan selfs goue skoene by ’n blink uitrusting dra.

Lees ook: Dra so jou winteritems in die somer

Breistofrok met kralewerk: Zara, Hakskoen: Steve Madden, Oorringe: Pichulik

4. Sê ja vir satyn

Satyn is perfek vir die aand en is ook hoogmode. Dra dit saam met ’n handtassie met die booghandvatsel wat deesdae die nuwe palmsakkie is!

Satynpakkie: Zara, Satynromp & Handsakkie & Hakskoen: Witchery, Oorringe: Poetry Wenke vir hierdie seisoen se trou-uitrustings

5. ’n Baadjie vir die koue

Jy hoef nie meer jou metgesel se baadjie te leen by die troue nie. Die truuk is dat die baadjie by jou rok nie ’n dubbelknoop-baadjie moet wees nie (double breasted), maar wel ’n lospassende somersbaadjie van ’n ligter materiaal. Dra ’n haarknippie of twee en ’n paar dun hakke by die rok-en-baadjie-uitrusting om dit vroulik te hou.

Baadjie: Zara, Eenstuk: H&M, Hakskoen: Steve Madden, Haarknippies: Frances and the Frills

6. Die 80’s het gebel en gesê jy lyk fantasties!

Girls just wanna have fun! En pret is wat jy beslis gaan hê in hierdie fraai rok met deurskynende pofmoue. Maak seker jou bykomstighede is net so vol pret.

Rokkie: Zara, Hakskoen: Steve Madden, Handsakkie: Country Road

Verbruikersgids:

Country Road

Frances and the Frills

H&M

Pichulik

Poetry

Steve Madden

Witchery

Zara

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.