kategorieë: DekorLeefstyl

’n Mat vir elke smaak

Kleur

Kleur is die beginpunt van jou keuse. As jy reeds ’n kleurvolle vertrek het, kies ’n eenvoudige mat in die skakering van een van jou hoofkleure. As jy lus is vir ’n kleurvolle mat, is dit makliker om eers die mat en dan die meubels aan te koop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Neem ook die skakerings van jou mure en ander vloerbedekking in ag. As jy neutrale meubels het, is ’n oordadige en kleurvolle mat net wat jou vertrek nodig het om dit tot die volgende vlak te neem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tekstuur

’n Vertrek met ’n mengsel van verskillende teksture kom ryk en en warm voor. Daarom is die tekstuur van jou mat baie belangrik. Die keuses in teksture is eindeloos.

Laat die res van jou meubels jou in hierdie keuse lei. Fluweel-bekleedsel en sisal is goeie pasmaats. So ook die kombinasie van ’n leerbank en ’n langhaar skag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Grootte

’n Los mat behoort so groot te wees soos jou sit-area. Al leun net die voorste voetjies van jou meubels op die rand van die mat, is dit reg. Onder ’n eetkamertafel behoort jy jou stoel te kan uittrek terwyl dit steeds op die mat rus.

Verskaffers

• @Home 0860 576 576

• Airloom 021 932 6318

• Gonsenhausers www.finerugs.co.za

• Hertex 0860 437839

• Weylandts 021 914 1433

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

6 hours Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.