kategorieë: Blogs

’n Noue ontkoming


Daar is ’n geskarrel in die dorp. ’n Onrustigheid. Die Filippyners wat ek tot dusver teëgekom het is ’n vriendelike spul vol grappies. Nie vandag nie. Ek stap in by ’n winkeltjie wat iets van alles verkoop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Het jy gehoor?” vra die kassier. Die frons op sy voorkop sê vir my die saak is ernstig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hy beduie met sy oë na die hoop koerante op die vertoonrak. Ek lees die koerantopskrif: Super-tifoon op pad na Bohol.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bohol. Die eiland waar ons op die oomblik is. ’n Kriewelrige rilling skiet by my ruggraat af. Ek kyk vraend na my reisgenoot, wat ’n ongemaklike laggie gee terwyl hy sy skouers optrek.

Die rivier die dag voor die storm

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek vra rond. Die plaaslike mense is banger as bang. Hier in die Filippyne, waar tropiese storms jaarliks duisende mense se lewens eis, word die onderwerp nie ligtelik opgeneem nie. Ons nader ’n Amerikaanse man – al tien jaar woonagtig in Bohol – wat vertel dat hier ’n paar jaar gelede ’n tifoon was wat so erg gewoed het dat hy en sy familie vir dae nie hul huis kon verlaat nie. In sy hande is twee groot inkopiesakke gevul met kosvoorraad.

“As ek julle is, berei ek maar voor vir die ergste. Mens speel nie met super-tifone nie.”

Hoe nou gemaak? Berei voor? Wag en hoop vir die beste? Vlug?

“Ek hoor al die vlugte en passassiersbote is reeds gekanselleer,” noem die man terloops, asof hy my gedagtes kan lees.

Toe volg ons maar die plaaslike mense se voorbeeld. Ons koop genoeg water en versnaperinge (mens weet nooit), en stap dan mistroostig terug na Nuts Huts. Die afgesonderde houthutjies langs die rivier, wat nog tot ’n uur gelede die ideale plek was om vir ’n paar dae behoorlik af te skakel, lyk skielik nie meer so veilig nie. In my geestesoog sien ek reeds ’n wilde storm woed, palmbome wat skeef trek en massas water wat sonder genade by die rivier afstroom. Ek het al genoeg CNN en video’s op Youtube gekyk om die skrikwekkende gevolge van so ’n storm te besef.

Toe begin die gewag. Die ergste deel van die storm is veronderstel om ons môre-oggend omstreeks drie-uur te tref. Nodeloos om te sê, slaap ek vreeslik onrustig daardie aand. Keer op keer skrik ek wakker en luister angstig of ek al reëndruppels hoor en of die wind al ruk aan die tingerige grasdakhutjie. Ek was lanklaas in my lewe so gevul met vrees. Ek bid onophoudelik.

Ons Suid-Afrikaners ken nie hierdie tipe bang nie. In ons land lewe ons daagliks met ander soort vrese. Vrese dat jy deur inbrekers oorval word terwyl jy slaap. Vrese vir motorkapings en handsakdiewe. Maar tog (afhangende van die reputasie van jou woonbuurt en stad), is die kans groter dat dit nie gaan gebeur nie.

’n Tropiese storm is anders. Jy kan nie jouself gerusstel met die feit dat dit dalk nie gaan gebeur nie, want alle tekens wys dit is op pad. Die vraag is hoe erg die skade gaan wees. Ek is totaal en al magteloos teen Moeder Natuur en haar woeste winde wat dalk sou besluit om my hutjie van sy stelte af te waai.

Iewers in die vroeë oggendure, so tussen slaap-en-wakker, hoor ek reën wat saggies val. Heel verbasend sus dit my aan die slaap.

Toe ek weer wakker word is dit oggend, en ek lewe nog. Dankie, Vader. Ek stap na die restaurantjie om te hoor wat die dag vir ons inhou. Volgens die eienaar het die storm eers ’n wye draai gevat, maar hy kom vandag.

Dit reën bietjies-bietjies die hele oggend. Behalwe vir ’n grou hemel en ligte briesie, is daar geen tekens van ’n erge storm nie, maar ons wil nie die kans waag om buite gestrand te wees nie. Bordspeletjies, skaak en boeklees is ons voorland vir die grootste gedeelte van die dag.

Teen die middag is ons frustreerd. Wie sê die vroutjie se bron van inligting is betroubaar? Dalk is dit net ’n storie wat deur die loop van die oggend soos ’n veldbrand deur die dorp versprei het. Dis mos hoe dit gaan in klein dorpies. Dit lyk hoeka of dit besig is om oop te trek. Met geen internet tot ons beskikking nie, maak ons sommer self die afleiding dat die storm nou verby is. Dit is tyd om bietjie vars lug te kry.

Ons stap met die grondpaadjie af na die hoofpad. ’n Oulike padstalletjie met ’n netjiese ry blink potte kos trek ons aandag. Heel gesellig raak ons diep in gesprek terwyl ons smul aan Filippynse kokosneutbredie en pofrys.

Reën begin val tydens die storm

So diep in geselskap is ons – én verlig – dat nie een van ons die wolke weer stadig maar seker sien toetrek nie. Binne ’n paar minute begin die wind ruk-ruk aan die rooi Coca-cola tafeldoek, en toe breek daar ’n reënbui uit. O, gedorie, dit is hier!

Die idee om onder ’n lawwe sambreeltjie te sit terwyl ’n storm heers staan my nie vreeslik aan nie, so ons besluit om te hardloop. Ons betaal die vroutjie en maak onsself uit die voete. Soos kinders hardloop ons resies terwyl ons uitbundig lag van senuagtigheid. Modder spat teen ons op bene terwyl my klere al swaarder aan my lyf begin kleef. Ons hardloop dat die spoeg spat, ons hardloop vir ’n vale. Ek het laas teen hierdie spoed beweeg tydens ’n laerskool atletiekbyeenkoms.

Toe ons by die Nuts Huts restaurant kom, staan ons eers op die trappies om ons asems terug te kry. Ons is die enigste gaste. Die enigste twee onverantwoordelike siele wat dit in lewensgevaarlike weersomstandige sou buite waag. Toe sit ons weer, en wag.

En na so ‘n uur waai die storm toe oor.

Die storie agter die storie
: Alhoewel my vertelling ’n gelukkige einde het, is dit vir my hartverskeurend, maar tog nodig, om te noem dat dit tragies uitgedraai het in ander gedeeltes van die land. Met winde wat gewoed het teen 280 km/h, was Tifoon Pablo (Desember 2012) inderdaad ’n kategorie vyf tropiese sikloon. Alle tekens het gewys dat hy sterk op pad was na die Visayas (waar Bohol geleë is), maar as gevolg van verskeie klimatologiese invloede het hy van rigting verander, en die eilande van Mindanao en Palawan eerder getref. Vloede en hoofsaaklik modderstortings het meer as ’n duisend mense se lewens geneem en ongeveer 900 000 haweloos gelaat.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.