kategorieë: Kos

’n Potjie met Franse flair

Genoeg vir 6

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

45 ml (3 e) olyf- of avokado-olie
250 g blokkiesspek
sout en gemaalde swartpeper
125 ml (½ k) koekmeel
1,4 kg beesstert, gesny
2 uie, gekap
500 g pekeluitjies, geskil
2 wortels, geskil en in 3 cm-stukke gesny
2 knoffelhuisies, gekneus
500 ml (2 k) rooiwyn
250 ml (1 k) aftreksel
15 ml (1 e) tamatiepasta
hand vol tiemieblare
2 lourierblare
500 g knopiesampioene
hand vol pietersielie, gekap

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Braai die spek bros in die verhitte potjie. Haal uit en hou eenkant.
2 Geur die meel na smaak, rol die beesstert in die meel en verbruin in die verhitte olie in dieselfde potjie.
3 Voeg die uie, pekeluitjies, wortels en knoffel by en verbruin. Geur na smaak.
4 Voeg die rooiwyn, aftreksel, tamatiepasta, tiemie en lourierblare by. Bedek en prut vir sowat 3-4 uur tot die vleis sag is, maar nie van die been afval nie.
5 Pak die sampioene en spek bo-op en prut vir nog 15-30 min. tot die sampioene gaar is.
6 Meng die pietersielie deur en sit voor met kapokaartappels.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje
Tags: potjiekos

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.