kategorieë: TrendsMode

’n Sonhoed is ’n moet vir die somer

’n Sonhoed is ’n moet vir die somer deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee. Hooffoto: Poetry

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Die bucketstyl-hoed

Hierdie styl is aanvanklik in die tagtigerjare deur hip-hop-dansers begin, maar het kort daarna op modeloopplanke begin verskyn. Die hoed het ontwikkel in ’n modebykomstigheid en moderner kleure en style aangeneem, bv. breër rande en ’n meer gestruktureerde raamwerk.

Die hoed het weer kop uitgesteek in 2018 waar modelle bekende ontwerpersname soos Fendi gedra het. Die algemene styl van hierdie hoed is informeel en moeiteloos, maar met die nuwer ontwerpe soos die leer-buckethoed, sal jy dit by deftiger klere ook kan dra.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: 8 dinge wat hierdie somer in jou strandsak moet wees

R180, Woolworths

R329,95, Nike

R249, Zara

R180, Woolworths

2. Die Boater

Die boater-styl is aanvanklik ontwerp vir mans om tydens hul seiljagvaarte te dra. Verskeie kleure het dikwels die klasverskille tussen matrose en meer welaf mense onderskei. Vandag is dit egter net so ’n gewilde styl vir vroue. Die gestruktueerde raamwerk skep ’n bemagtigde gevoel teenoor die sagte en delikate Engelse hoed.

Hierdie hoed word ook met linte om die ken vasgemaak vir die wind tydens jou bootreis, maar dit word ook nou meer as ’n versieringselement beskou.

Lees ook: Vlei jou beste bates in ’n eenstuk-swembroek

R399 Billabong

R1 450 The Real Crystal Birch

R1 250 The Real Crystal Birch

R180 Woolworths ’n Sonhoed is ’n moet vir die somer

3. Die Engelse hoed

Met hierdie hoed voel dit of jy op pad is na ’n afspraak met die Koninklike gesin van Engeland. Die styl het sy status vervolmaak toe die fliek Breakfast at Tiffanys met Audrey Hepburn verskyn het. Van daar af het dit ’n kenmerkende simbool vir luuksheid geword.

via GIPHY

Ons hou veral van die breër rand wat nie net jou gesig beskerm nie, maar sommer jou nek en skouers ook. Kyk uit vir ’n styl met ’n sterk struktuur, sodat dit nie heeltemal so pap in jou gesig hang nie.

#rrWenk: Jy kan dit ook elke seisoen opkikker deur dit met ’n nuwe lint te versier!

Lees ook: Die gewildste swemklere vir 2020

R1 950 The Real Crystal Birch

R399 Zara

R399 Forever New

R1 950 The Real Crystal Birch

4. Die visor

Nog ’n terugflits na die verlede!

Die bekende skermpet (visor) was in die jare tagtigs op al wat ’n buitelug-liefhebber was se kop te sien. Dis retro en prakties met ’n skerm wat groot genoeg is om jou hele gesig te beskerm. Dit skuif ook gemaklik in jou hare sonder om jou haarstyl te belemmer. Hierdie styl is meer geskik vir die strand, maar ’n boheemse strooistyl kan ’n elegante en vloeiende somersrok romanties afrond.

Lees ook: 5 redes hoekom jy hierdie somer in katoen moet belê

R199 Woolworths

R150 Woolworths

R7 501 The Real Crystal Birch

R499 Country Road beskikbaar by Woolworths

R950 The Real Crystal Birch

5. ’n Petboog

Ons almal ken die geliefde petboog – die kleiner, sportiewer weergawe van haar suster visor. Hierdie styl pas by diegene wat ’n meer sportiewe en informele styl omhels. Die vorm pas by almal, so jy sal nie verkeerd kan gaan nie. Met die boogstyl hoef jy jou boonop nie te bekommer oor die hoogte van jou poniestert of jou haarstyl nie.

#rrWenk: Wees egter bedag daarop dat jou kopvel in hierdie geval onbeskermd is en kan brand.

Lees ook: Hoe om die kleredragreëls op uitnodigings te verstaan

R299,95 Nike

R299 Country Road beskikbaar by Woolworths

R299 Adidas

R249 Adidas

Kry dit hier:

Adidas

Billabong

Forever New

Nike

The Real Crystal Birch

Woolworths

Zara

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.