kategorieë: Bekendes

’n Spesiale Valentynsdagboodskap aan al ons lesers

TV-aanbieder, Stacey Holland

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Aangesien my werk in gesondheid is, wil ek jou aanraai om jouself te herinner aan dit wat jy liefhet van jouself: jou liggaam, jou eienskappe en jou lewe. Ons leef in ’n wêreld waar ons so maklik  beroof word van ons selfliefde. Ons vergelyk onsself deesdae meer as ooit aan ander omdat die digitale wêreld (sosiale media) dit net soveel makliker maak! So, word weer lief vir jouself en die seëninge wat jy het. Jy kan nie iets aan ander gee as jy dit nie reeds self het nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

TV-aanbieder, Bailey Schneider

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Valentynsdag moet nooit oor die kommersiële aspekte gaan nie, maar eerder gesien word as ’n herinnering om jou geliefdes werklik te waardeer. Dit hoef beslis nie nét romantiese liefde te wees nie. Verbind met die mense in jou lewe wat jy regtig waardeer en openbaar dit aan hulle. Lanklaas ’n grootouer of ouer gebel? Tel die telefoon op en bel hulle. Ek hoop regtig dat jy ’n dag gevul met liefde sal ervaar en dat jy die mooi in elkeen van jou verhoudings sal raaksien.

Skoonheid- en beeldspesialis, Francois Louw

Liefde is vergifnis wanneer ons dit nie verdien nie. Liefde bedek alles stewig, eerlik en vir ewig. Liefde is die waarheid, al maak dit hoe seer. Moenie iemand se vertroue skend nie. Moenie valslik praat om iemand anders seer te maak nie.  Liefde probeer erken wanneer jy ’n fout gemaak het. Liefde is om deur voorbeeld te lei. Klein ogies hou ons heeldag dop om te sien hoe ons ander hanteer en ook hoe ons ons geliefdes op ’n spesiale dag soos Valentynsdag hanteer.

TV-aanbieder, Roxy Burger

Liefde is nie perfek nie, so moet nie verwag tot dit perfek gaan wees nie. Dit is onvolmaak volmaak.

Radio-aanbieder, Lindy Hibbard

Moet nie wag  tot die 14de Februarie om vir jou geliefdes te sê hoeveel jy hulle werklik waardeer nie. Laat hulle vandag (en elke ander dag) glimlag! Die klein gebare kan ’n lang pad gaan.

TV-aanbieder, Liezel Van der Westhuizen

Ek wens vir jou ’n baie gelukkig Valentynsdag toe. Deel liefde, nie net met jou ander helfte nie, maar versprei ook liefde onder jou familie en ander mense wat nie iemand spesiaal op ‘die dag van liefde’ het nie.

Aktrise, Mishqah Parthiephal

Moet nooit te bang wees om halsoorkop verlief te raak op iemand nie.

Akteur, Loyiso Macdonald

Maak elke dag ’n dag om vir ander te wys hoeveel jy omgee. Maak dit jou daaglikse missie!

Professionele rugbyspeler, Steven Kitshoff

Die liefde is nie perfek nie. Liefde is lankmoedig en vriendelik. Vind jou beste vriend, iemand wat jy onvoorwaardelik lief kan hê en gaan saam op avonture. Vandag is die dag om hulle te herinner aan hoekom jy hulle gekies het en hoekom jy sal aanhou om hulle elke dag van die jaar te kies.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

17 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.