Die perfekte huwelik begin by ’n onvergeetlike verlowing met ’n pragtige ring, ’n spesiale troudag en natuurlik ’n asemrowende wittebrood. Wie sou kon dink dat die pragtige Montecasino met sy Toskaanse styl al die bogenoemde bied?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Vra die groot vraag in ’n lugballon en kyk oor die magiese stadslewe van Johannesburg uit, besoek die twee juwelierswinkels met onweerstaanbare diamante en ringe, ’n verskeidenheid restaurante wat perfek is vir verlowings-, henne- en haanpartytjies, intieme onthaalplekke vir daardie spesiale dag asook drie elegante hotelle ideaal vir die eerste huweliksnag voordat die gelukkige paartjie op wittebrood vertrek. Hierdie casino bied alles en meer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Ons was bevoorreg om op ’n wedding journey deur die strate van Toskane te gaan waar ons elke deeltjie van hierdie bekoorlike kompleks kon sien. ’n Hele paar “stasies” het beïndruk, soos Lady Marmalaide-trouboetiek se skeppings wat elke bruid in ’n prinses sal verander, die bekende ontwerper Diaan Daniels se moderne boetiek waarin asemrowende pakke vir bruidegomme uitgestal word, Lanna Lifestyle Spa met aromas en dekor reg uit Thailand, asook Cantare Dinner & Dance Vintage Varga Bar waar Burlesque-danseresse vir vermaak sorg. La Toscana met sy eg Italiaanse styl is ’n intieme onthaalplek wat tussen 60 en 200 gaste kan huisves, perfek vir ’n feesmaal.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Om uit te vind wat dié allesomvattende kompleks nog bied, besoek die webtuiste by www.montecasino.co.za of gaan maak ’n draai vir ’n wonderlike ervaring.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.