kategorieë: Leef gesondGesondheid

Nageboorte-depressie: toets jouself

Nageboorte-depressie is die algemeenste komplikasie van geboorte. 4 uit elke 10 ma’s ontwikkel nageboorte-depressie, met een uit elke 10 wat so ernstig depressief raak dat hulle nie goed vir hul baba kan sorg nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Tog dink ons glad nie daaraan as ’n toestand waarop jy ná jou bevalling bedag moet wees nie. As ons dag vir dag aaklig en miserabel voel, dink ons net ons is oormoeg. Ons glo – en hoop verbete – dat ons môre beter sal voel. Of teen die naweek. Of na die naweek. Ons herken nie die diep emosionele gat waarin ons is as ’n ware vorm van depressie nie. Daarom karring ons aan, eerder as om hulp te kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook: 5 maniere om depressie te bekamp

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe sal jy weet jy het nageboorte-depressie? Deur op te let hoe jy emosioneel voel in die eerste ses weke na jou baba se geboorte, want nageboorte-depressie slaan dan tipies toe. Dit is nie moeilik om die simptome uit te ken nie. Voltooi ons vraelys en kyk so waar jy staan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vraelys vir nageboorte-depressie

Dink vir elke vraag terug na hoe jy tipies die afgelope vier weke gevoel het. Kies jou antwoord op grond van hoeveel dae jy so gevoel het en/of watter deel van die dag jy so gevoel het. Neem ‘meestal’ as ten minste die helfte van die tyd of die grootste deel van die tyd.

1. Het jy minder gelag as vantevore? Was die aktiwiteite wat jy gewoonlik geniet nie regtig lekker nie? Het min dinge jou gelukkig, opgewonde en ontspanne laat voel?
Ja _     Nee_

2. Het jy meestal opgesien na die dag? Het jy selde nuwe dinge aangepak? Was dit vir jou erg, angswekkend of uitputtend om jou dagtake aan te pak? Het jy te oorweldig gevoel om ekstra aktiwiteite aan te pak?
Ja _     Nee_

3. Het jy soms ‘afgeskakel’ en jou baba geïgnoreer, al huil hy/sy? Het dit vir jou soms, of selfs meestal, gevoel asof jy op ’n afstand na jou kleinding kyk – jy sien hoe oulik hy/sy is maar dit wek min emosie of vreugde by jou?  Jy voel doods, afgesny, stomp?
Ja _     Nee_

4. Het jy meestal sleg geslaap? Of min geslaap? Voel jy byna heeltyd so moeg dat jy net wil slaap?
Ja _     Nee_

5. Was jy byna elke dag pootuit maar eintlik bly alles halfklaar of ongedaan? Voel jy asof jy niks gedoen kry nie?
Ja _     Nee_

6. Was jy ongewoon buierig? Het jy maklik kwaad geraak? Of was jy eerder huilerig?
Ja _     Nee_

7. Het jy meestal magteloos gevoel? Het jy byna elke dag gevoel of jy faal, nie ’n goeie ma is nie, nie ‘goed genoeg’ is nie?
Ja _     Nee_

8. Het jy meestal gevoel asof jy die heeltyd ‘aan diens’ moet wees? Het jy gevoel jy moet altyd in beheer, wakker en gereed wees vir enige babakrisis?
Ja _     Nee_

9. Was jy dikwels oorangstig? Asof jy nie kan afskakel nie? Was jy dikwels bang dat jou baba iets kan oorkom?
Ja _     Nee_

10. Blameer jy jouself as iets verkeerd loop? Voel jy soos ’n mislukking omdat jy byvoorbeeld nie kan borsvoed nie of omdat jou baba koliek het. Voel jy dus alles is jou skuld en jou verantwoordelikheid om reg te stel?
Ja _     Nee_

Jou telling: het jy nageboorte-depressie?

7 of meer Ja’s

Jy is ’n ma in krisis. Jy moet asseblief vandag nog ’n afspraak met jou dokter maak sodat jy professioneel geëvalueer kan word. Moenie jou gevoelens afmaak as ‘moegheid’ nie. Jy is nie ‘sleg’, ‘hopeloos’ of ‘pateties’ nie. Dit is nie jou skuld nie. Jy het niks gedoen om nageboorte-depressie te veroorsaak of te verdien nie. Jy is net uitgelewer aan jou liggaam se reaksie op swangerskap, waaroor jy geen beheer het nie. Dit is nie nodig dat jy – of jou baba – so swaar kry nie.

5-6 Ja’s

Die aanpassing van ma-wees is vir jou baie stresvol. Dit is heeltemal normaal dat die eise van ’n nuwe baba ma’s vang. Moet egter nie die uitslag van jou toets onderskat nie. Dit is ’n aanduiding dat jy op pad kan wees na nageboorte-depressie, tensy jy ingryp. Jy moet beslis kyk wat jy kan doen om jou stres, dagtake en al die baba-eise beter te bestuur. Dit kan jou baie help om met ’n vertroueling – jou ma of ’n vriendin – te gesels. Jy het waarskynlik net ’n bietjie meer hulp, slaap, emosionele ondersteuning en tyd vir jouself nodig. As jou gemoed nie lig nie, gaan gesels met jou dokter.

3-4 Ja’s

Jy is met tye oormoeg. Dit is normaal om soms moeg, huilerig en oorweldig te voel, of soms te wil weghardloop van al die eise. Maar jy sal ‘baba-fiks’ raak. Jy hoef jou nie oor nageboorte-depressie te bekommer nie. Jy is een van die bevoorregte 60% wat relatief maklik aanpas as nuwe ma.

1-2 Ja’s

Jy is soos ’n vis in die water. Moederskap kom vir jou maklik. Geniet dit! En help gerus ’n vriendin wat swaarkry. Maar moet haar nie nog erger hopeloos laat voel deur haar die heeltyd te vertel hoe goed dit met jou gaan nie. Gee haar liewer die kans om te vertel dat sy swaarkry. Help haar besef dat nageboorte-depressie nie haar skuld is omdat sy ’n swak ma is nie. Dit het meer met haar hormone en liggaam te doen, wat ons nog steeds nie behoorlik verstaan nie. Moedig haar aan om hulp te kry.

Lees ook: My storie: Nageboorte-depressie is ‘n werklikheid

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.