kategorieë: Ontspanning

NASA ontdek ’n nuwe sonnestelsel

NASA het vroeër aangekondig dat hul sterrekundiges ’n splinternuwe ontdekking gemaak het: ’n nuwe sonnestelsel! Hulle het sewe groot ‘exoplanets’ ontdek wat rondom ’n ster, bekend as Trappist-1, wentel. Google het hierdie klein ‘Google Doodle’ ontwerp wat wys hoe die aarde deur ’n teleskoop loer en die nuwe planete raaksien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }

Wat is ’n ‘exoplanet’?

’n Exoplanet is ’n planeet wat buite ons sonnestelsel voorkom. Dit is dus enige planeet wat nie rondom die son wentel nie. Die eerste ‘exoplanet’ is in 1988 ontdek, maar daar is reeds 3 500 van dié planete van toe af gevind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat jy van dié nuwe ontdekking moet weet

  • Trappist-1 is ’n relatief jong ster wat steeds in sy babastadium sal wees sodra ons son uitgeput en vernietig is. Maar hoekom? Wel, volgens Ignas AG Snellen van die Leiden Observatory, verbrand Trappist-1 waterstof so stadig dat dit vir nog 10 triljoen jaar sal voortleef. Om dit in perspektief te stel: dit is 700 keer langer as ons heelal en boonop ook meer as genoeg tyd om organiese lewe te ontwikkel.
  • Die planete is in staat om nuwe lewe te handhaaf. Drie van die sewe planete wat ontdek is blyk om rotsagtig te wees en temperature op die oppervlak te besit wat vloeibare water (dit beteken ook oseane) te onderhou. Die temperature wissel tussen 0 °C en ’n 100 °C.
  • Die planete is geïdentifiseer deur ’n proses bekend as ‘transit photometry’. Die NASA-navorsers het die sonnestelsel met die Hubble Space Telescope ontdek deur die gang (bane) van die planete, soos hulle gedryf het deur gasheer-sterre, waar te neem.
  • Die kondisies van lewe op dié planete sal donkerder en warmer wees as lewe op planeet Aarde. ’n Persoon wat geleë is op een van dié planete sal 200 keer minder lig ervaar as dit waaraan hy gewoond is. Alhoewel dit dowwer daar gaan wees, sal dit steeds net so warm wees omdat dieselfde hoeveelheid hitte geabsorbeer word – al is dit weergegee as infrarooi strale.
  • Dit is net die begin! Al is die nuwe ontdekking hoe opwindend, het sterrekundiges gesê dat daar nóg ’n addisionele 40 biljoen bewoonbare wêrelde, reg binne ons sterrestelsel net langs die Melkweg, ontdek kan word.

Waarvoor staan Trappist-1?

Transiting Planets and Planetesimals Small Telescope.

Meer oor Trappist-1

Volgens NASA en spanne uit België is dit ’n klein, dowwe ster geleë in die konstellasie Aquarius, minder as 40 ligjare van die Aarde af. Dit is minder as 235 triljoen myl weg.

Sewe planete wentel reg rondom dié ster in tydperke wat wissel tussen een en ’n half tot 20 dae. As Trappist-1 ons son was, kon al die planete in die wentelbaan van Mercury inpas. Dis hoe naby hulle aan die ster wentel en hoekom die volledige omwentelinge so kort is.

Die planete het nog nie name nie, maar staan vir eers as letters bekend. Van “b” tot “h” omdat “a” die ster self is. Hulle is almal so groot soos óf Venus óf die Aarde, soms selfs kleiner.

Jy kan in hierdie twiet deur NASA ’n 360 grade-omwenteling van planeet “d” sien:

Vir meer inligting, kyk gerus na die video:

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje
Tags: aktueel

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

6 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.