Natuurlike maniere om van slakke, vlieë, miere, kokkerotte en muskiete ontslae te raak

Natuurlike maniere om van slakke, vlieë, miere, kokkerotte, miere en muskiete ontslae te raak deur Cornel Dunn.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sit goggas op hul plek!

Dit is nou die tyd om met nare goggas klaar te speel op ’n natuurlike manier. Hier is goeie raad.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Slakke

Om van slakke ontslae te raak, maak knoffelhuisies fyn in sonneblomolie en laat staan oornag. Dreineer die olie en voeg by water. Gooi die vloeistof in ’n spuitbottel en gebruik teen slakke. Jy kan dit op die slakke self spuit, of op die plante/oppervlaktes waar hulle voorkom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jy kan ook slakke direk sproei met koue koffie.

Vlieë

Maak die volgende mengsel aan:

  • 4 koppies appelasyn
  • 2 eetlepels olyf-, canola- of minerale olie
  • 1 eetlepel opwasmiddel
  • 20 druppels roosmarynolie
  • 20 druppels basilieolie
  • 20 druppels pepermentolie

Gooi dit in ’n sproeibottel en gebruik soos nodig. Spuit dit in die lug waar hulle vlieg.

Lees ook: Kruiemengsels vir jou voete wat jy self kan maak

Muskiete

Vir muskiete is daar vele raad.

Kies een van die onderstaande mengsels en spuit dit in die vertrek.

  1. Suurlemoen en bloekomolie
  2. Pepermentolie en klapperolie
  3. Appelasyn en essensiële-olie-sproei
  4. Teeboomolie en klapperolie
  5. Sitronella-olie en alkoholsproei
  6. Laventelolie, vanielje en suurlemoensap

Lees ook: Hoe om jou hond se ore reg skoon te maak

Miere

Kies een van die drie onderstaande vloeistowwe en spuit dit op oppervlaktes waar jy miere vind, of direk op die miere.

  1. Asyn
  2. Asyn en water (50/50 mengsel)
  3. Kies een van hierdie essensiële olies: Peperment-, laventel- of bloekomolie en meng een eetlepel per 500 mℓ met water in ’n sproeibottel.

Kakkerlakke

Meng een teelepel opwasmiddel met een koppie water. Sproei direk op die kakkerlakke.

Indien jy die wegkruipplek van die kakkerlakke wil sproei, voeg koeksoda by die mengsel.

Lees ook: Nog maniere om van miere ontslae te raak

Hooffoto: Mareefe vir Pexels

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.