kategorieë: Bekendes

Naweeknuus 20 Februarie 2018

Deur Catherine Schenck. Foto Twitter

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die wêreldbekende tennisster Roger Federer het verlede week ’n droomweek gehad nadat hy sy 97ste loopbaantitel het by die ABN AMRO-Tenniswêreldtoernooi in Rotterdam gewen het. Dit beteken ook dat hy nou weer die nommer een-titel dra in die tennisranglyse. Federer is die oudste tennisspeler wat die nommer 1-rangplek hou. Hy is 36. die vorige oudste manlike speler met hierdie titel was André Agassi op die ouderdom van 33, en die oudste vroulike speler was Serena Williams wat op 35 nog nommer een was. Sy het sedertdien laer af op die skaal beweeg. Federer het in 2004 die eerste keer die nommer-een posisie beklee op die ouderdom van 22 en kon in 2012 laas hiermee spog. Verlede jaar hierdie tyd was Federer gereken as 17de op die lys, maar na ’n kragtoer van ’n jaar is hy uiteindelik weer heel bo – en hy voel baie goed daaroor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }

Lees ook oor Roger Federer se indrukwekkende Wimbledon 2017-oorwinning

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die Suid-Afrikaanse tennisspeler Kevin Anderson het intussen ook in die top-10 geval op die wêreldranglys na ’n onlangse oorwinning by die New York-ope: hy is nou nommer nege.

Die BAFTAs (British Academy for Film and Television Awards) het hierdie naweek plaasgevind. Die toekenning vir die beste rolprent het gegaan aan Three Billboards Outside Ebbing, Missouri. Guillermo del Toro is aangewys as beste regisseur met sy film The Shape of Water; Gary Oldman is aangewys as beste akteur vir sy hoofrol in The Darkest Hour en Frances McDormand het die toekenning vir beste aktrise ontvang vir haar hoofrol in Three Billboards Outside Ebbing, Missouri. Die BAFTA-Fellowship-toekenning is oorhandig aan Ridley Scott, bekend (onder meer) vir sy films Alien, Blade Runner en Gladiator. Die koninklikes William en Catherine het ook hierdie geleentheid bygewoon om dit te ondersteun en het selfs ’n paar toekennings te oorhandig.

Adam Levine, die voorsanger Maroon 5 en sy model-vrou van Namibië, Behati Prinsloo, het die naweek ’n dogtertjie ryker geword. Volgens berigte is haar naam Geo Grace, kleinsus van die 15 maande oue Dusty Rose.

Lees ook oor Behati se vorige groot nuus en hoeveel kinders sy graag wil hê

Het jy geweet? Die Marvel-film Black Panther, wat op Vrydag 16 Februarie 2018 in Suid-Afrika begin draai het, het verskeie Suid-Afrikaanse akteurs in. Die gevierde dramaturg en akteur, Dr John Kani, speel die rol van Koning T’Challa, en sy seun Atandwa Kani vertolk die rol van Koning T’Challa as jong man. Die aktrise Connie Chiume, bekend vir haar vertolking in die sepie Rhythm City, het ook ’n rol in die fliek.

Ons gunsteling-foto van die week is hierdie een wat Dunay van Heerden van manlief Kurt Darren en dogtertjie Kyrah gedeel het. Kyrah sit ’n bietjie kleur in haar pa se wange. Hoe oulik is dit nie!

Lees ook ons onderhoud met Kurt Darren

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

2 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.