kategorieë: Kalender

Nederburg Piekniek Pops-konsert

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die lys kunstenaars wat vanjaar gaan optree lees soos ’n wie’s wie van top jong talent. Die 19-jarige Afrikaanse sanger, Refentse Morake, wie se meteoritiese opgang hom oornag ’n huishoudelike naam gemaak het, tree as gaskunstenaar op. Met die Kaapstadse Filharmoniese Jeugorkes wat die begeleiding verskaf, deel Refentse die verhoog met, onder andere, die koor van Kenmere Laerskool, sopraan Palesa Malieloa, jazz-sanger Austin-Lee Jacobs, die jong pianis Qden Blaauw en sangeres Dirja Lekas, sowel as Donné de Kock en Ellani de Jager van die Grey-vioolduo. Die orkes en soliste word deur Stefan Lombard gedirigeer, terwyl die sprankelende RSG-omroeper, Sue Pyler, as seremoniemeester sal optree.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Almal is welkom om hul eie piekniek te bring, maar piekniekmandjies teen R195 per persoon kan ook bestel word by die Red Table Restaurant wat in die Nederburg-herehuis bedryf word. Skakel Jeannine by 021 877 5155 vir meer besonderhede. Die publiek word ook daarop gewys dat alkoholiese drankies nie op die perseel gebring mag word nie. Koeldranke en uitgesoekte Nederburg-wyne sal by die venue te koop aangebied word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kaartjies teen slegs R100 per persoon is beskikbaar by www.webtickets.co.za. Kinders van 12 jaar en jonger geniet gratis toegang. Alhoewel kaartjies op die dag by die hekke te koop sal wees word dit sterk aanbeveel om vroegtydig te bespreek.

Waar: Nederburg in die Paarl

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wanneer: Saterdag 26 November

Tyd: hekke open om 16:00 met die vertoning wat om 18:00 begin

Vir meer inligting, besoek gerus www.nederburg.com of skakel 021 877 5123 gedurende kantoorure.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

12 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.