kategorieë: Reis

Neem onvergeetlike foto’s met jou selfoon

Bekende National Geographic-fotograaf, Stephen Alvarez, is bekend vir sy ongelooflike foto’s. Hy deel sy vyf topwenke vir die neem van foto’s met jou selfoon:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1 Hou die lig dop

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lig is baie fel in die middel van die dag, vind dus ’n manier om dit tot jou voordeel te gebruik. Wees kreatief. Sonlig het ’n uitwerking op ’n foto, afhangende van watter tyd van die dag jy foto’s neem. Vroeggend is die beste tyd, aangesien sonlig sagter is en ’n spesiale glans aan objekte verleen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2 Neem hoog, laag en sywaarts

 Moenie jouself beperk tot gewone afneemmetodes nie. Moenie bang wees om uit verskillende hoeke af te neem nie. Lê op die grond, klim ’n stel trappe of leun by die venster uit vir iets nuuts.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

3 Maak vriende

 Portrette is pragtige foto’s wat ’n karakter en ’n storie in ’n oomblik kan vasvang. Maak nuwe vriende en moenie bang wees om te vra of jy ’n foto van iemand mag neem nie.

4  Gee aandag aan elke hoek van jou foto

Omraam jou foto’s met verskillende lae soos bome, blare, berge, ens. Dit sal diepte aan jou foto gee. Gee ook aandag aan hoe baie jy die foto sny.

5 Neem vroeg en laat af

Die beste lig is definitief gedurende die "goue uur" (die eerste uur van die dag en die uur voor sonsondergang). Die sonlig is dan gefiltreer deur die atmosfeer, wat die skerp blou kleur van die lug verwyder. Gebruik dit tot jou voordeel.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

15 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.