kategorieë: GebakKos

Nektarientert

Middelslagtert genoeg vir 6-8 mense.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Deeg

  • 350 g koekmeel
  • 60 ml (¼ k) suiker
  • ’n knypie sout
  • 225 g koue botter, in blokkies gesny
  • 2 eiergele, liggies geklits
  • 30-60 ml (2-4 e) room

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Amandelroom

  • 75 g botter, by kamertemperatuur
  • 75 g strooisuiker
  • 75 g gemaalde amandels
  • 15 g meel + ekstra vir oorstrooi
  • 1 eier
  • 7,5 ml (½ e) rum
  • 15 ml (1 e) tiemie, harde takkies verwyder

Vulsel

  • 3 nektariens, in wiggies gesny
  • 1 eier, liggies geklop met ’n knypie sout
  • 30 ml (2 e) appelkooskonfyt, verhitmascarpone-kaas, vir opdieningheuningkoek, vir opdiening’n hand vol kruisementblare

Metode

Deeg
1. Meng die meel, suiker en sout vir sowat 10 sek. in ’n voedselverwerker. Voeg die botter by terwyl die menger aan is.
2. Verwerk tot dit soos growwe broodkrummels lyk. Voeg die eiergele by. Voeg die room geleidelik by terwyl die masjien op ’n lae spoed is.
3. Bring die deeg bymekaar en druk effens plat. Bedek met kleefplastiek en laat vir ’n uur in die yskas rus.

Amandelroom
4. Klop die botter tot sag in ’n staanmenger. Voeg die suiker en gemaalde amandels by en meng. Voeg die meel, eier, rum en tiemie by en meng tot glad. Skep in ’n bak, bedek met kleefplastiek en sit in die yskas.
5. Voorverhit die oond tot 190 °C. Smeer ’n bakplaat of spuit met kleefwerende kossproei. Rol die deeg sowat 4 mm dik op ’n meelbestrooide werkvlak uit. Lig die deeg versigtig op die bakplaat en smeer die amandelroom daarop, los ’n rand van 7-8 cm oop.

Vulsel
6. Pak die nektariens in ’n sirkel op die amandelroom. Vou die deegrande oor die vrugte. Verf die deeg met die eier en die nektariens met die appelkooskonfyt.
7. Bak vir 25 tot 30 min. tot die tert goudbruin is. Laat afkoel en sit met skeppies mascarponekaas, stukke heuningkoek en kruisementblare voor.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.