kategorieë: TrendsMode

Ons gesels met Nicholas Coutts

Hoe bly jy staande in die warrelwindwêreld van mode as ’n jong, aspirante ontwerper?

My versameling is by die Kaapse modeweek vertoon en dit was voorwaar ’n groot mylpaal. As jong ontwerpers stel ons konstant vir onsself hoër doelwitte binne die raamwerk van ontwerp. Ons mik om deurentyd oorspronklik te wees en ons wys vir die modebewuste kopers hoe Suid-Afrikaanse klere moet lyk. Ons vermy sover moontlik die duplisering van internasionale style en ontwerpe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Jy is die wenner van die Elle Rising Star 2013-kompetisie in samewerking met Mr Price. Hoe het hierdie wonderlike prestasie bygedra tot jou rooskleurige loopbaan as ontwerper?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit was ’n fantastiese geleentheid en het ’n hele nuwe dimensie aan my loopbaan gegee. Ek het tans ’n versameling klere eksklusief vir Mr Price ontwerp, wat ’n goeie leerskool was. Dit gee jou waardevolle riglyne oor die kleinhandelsproses binne die mode-industrie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat was die inspirasie vir jou twee versamelings?

Die versameling wat die kompetisie gewen het is geïnspireer deur die kontras van krag teenoor broosheid. Handgeweefde en gebreide items is saamgesnoer met eenvoudige silhouette wat die vroulike figuur komplimenteer. Vir die eksklusiewe Mr Price-versameling het inspirasie van die Art Deco-argitektuur in Durban gekom – eenvoudige, stylvolle silhouette met ’n luukse sportiewe kinkel gekombineer met skoon lyne in sagte pastelle en metaalagtige kleure.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wanneer het jy besef jy het ’n passie vir mode- en klereontwerp?

Vanaf 11 jarige ouderdom het ek my ma se klere gesnipper en gesny en klere vir my suster gemaak. Ek sou die uitrustings aan vriende en familie vertoon. Hierdie passie het met tyd gegroei en ontwikkel, waarna ek toe gaan studeer het by die Design Academy of Fashion om soveel moontlik oor die proses van mode-ontwerp te ontdek.

Hoe lyk jou ideale mode-vertoning?

Ek sal ’n massiewe pakhuis gebruik wat geheel en al van glas gebou is. Daar moet ’n 200m-looplank wees met Franse Techno-musiek in die agtergrond en duisende mense wat toekyk.

Lees meer oor Nicholas Coutts op sy Facebook-bladsy by https://www.facebook.com/nicolaas.coutts
Volg hom op Twitter en Instagram by @nicholascoutts of instagram.com/nbcoutts

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.