kategorieë: Bekendes

Nóg medaljes vir span SA

Vyf silwermedaljes en een brons. Dit is waar Suid-Afrika tans staan by die 2016 Olimpiese Spele in Rio de Janeiro. Hierdie naweek was veral ook een vir die boeke met ’n inspirerende verhaal wat vir lank onthou gaan word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die verspringer Luvo Manyonga het Sondagoggend (SA-tyd) by die Olimpiese stadion in Rio ’n welverdiende silwermedalje gewen met ’n sprong van 8.37 meter. Jeff Henderson van Amerika het Manyonga in die laaste rondte met slegs een sentimeter gewen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Manyonga se verhaal is ’n inspirerende een wat vir lank onthou gaan word. Op 19-jarige ouderdom is Luvo as junior-wêreldkampioen gekroon, maar kort voor lank het ’n tikverslawing sy lewe heeltemal oorgeneem. In 2014 moes hy so te sê vir sy lewe veg en vandag is hy ’n gesonde man met ’n Olimpiese silwermedalje in die sakkie!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

In nog merkwaardige Olimpiese nuus het Chad le Clos en sy grootste teenstander, Michael Phelps, Saterdagoggend (SA-tyd) die eindronde van die 100 m-vlinderslag in presies dieselfde tyd geswem. Le Clos, Phelps én Laszlo Cseh van Hongarye het sáám silwer gewen nadat Joseph Schooling van Singapoer hulle al drie gewen het! Schooling het nie net gewen nie, maar ook ’n nuwe Olimpiese rekord opgestel met ’n tyd van 50.39 sekondes. Die drie silwermedaljewenners het in ’n tyd van 51.14 sekondes klaargemaak.

Michael Phelps, Cha le Clos en Laszlo Cseh

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die vyf silwermedaljes en een bronsmedalje vir Suid-Afrika is as volg

• Cameron van der Burgh (silwermedalje in die 100 m-borsslag)
• Chad le Clos (silwermedalje x2: 200 m-vryslag en 100 m-vlinderslag)
• Die roeiers Lawrence Brittain en Shaun Keeling (silwer vir die roei-kompetisie vir mans)
• Luvo Manyonga (silwermedalje vir verspring vir mans)
• Die blitsbokke (bronsmedalje)

Wayde van Niekerk

In nóg atletiek-nuus vir SA

• Die 400 m-wêreldkampioen, Wayde van Niekerk, hardloop Maandagoggend (SA-tyd) in die eindronde van die dié item vir mans. Hy het Saterdag tydens die halfeindronde in ’n tyd van 44.45 sekondes geëindig.

• Irvette van Zyl moes haar aan die marathon vir vroue onttrek nadat sy ’n stresfraktuur in haar voet opgedoen het.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

14 minutes Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.