kategorieë: Nuut & NouKos

Nuttige spesery-wenke

  • Om speserye te rooster, verbeter die smaak en aroma. Verhit ’n groot pan oor matige hitte en braai die speserye vir 2-5 min. tot ligbruin en geurig.
  • Speserye kan vinnig hul kleur, smaak en aroma verloor. Om die meeste geur te behou, moet speserye in ’n droë, koel plek, weg van direkte lig, hitte en klammigheid gestoor word.
  • Rooi speserye, soos brandrissiepoeier, cayennepeper en paprika moet liefs in die yskas gehou word sodat hulle nie hul kleur en geur verloor nie.
  • Die raklewe van speserye verskil en alle speserye verouder, maak nie saak hoe goed dit gestoor word nie. Die meeste speserye moet binne 6-12 maande vervang word.
  • Sit heel speserye in ’n moeseliendoek om dit aan die einde van die kookproses maklik uit te haal.
  • Heel speserye kan in ’n koffiemeul, klein voedselverwerker of stamper en vysel gemaal word. Om die koffiemeul skoon te maak, kan jy ’n bietjie rou rys of suiker vir ’n paar sekondes daarin maal.

Die 5 basiese geure van speserye

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1 Soet: wonderpeper, kaneel, kassia, neutmuskaat en vanielje.
2 Bitsig: karwysaad, naeltjies, komyn, gemmer, jenewerbessie, liquorice en steranys.
3 Pikant: sumak en tamaryn
4 Skerp/warm/brand: brandrissie, mosterd en peper.
5 Speserye wat ander smake saamvoeg: koljander, vinkelsaad, soet paprika, papawersaad, sesamsaad en borrie. Dié speserye is dikwels die ruggraat van ’n speserymengsel, hoewel hul geure nie sterk na vore kom nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); } '); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

18 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.