kategorieë: KosJy kan

Jy kan met bone & grane kook

#rooirosewenk: Hou jou grane in die vrieskas sodat dit nie miet inkry en galsterig word nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bone

Kook dit so:
Droë bone moet oornag geweek word. Dit voorkom dat die bone oneweredig kook en help jou liggaam om die bone makliker te verteer. Dit verkort ook die kooktyd en bewaar die voedingstowwe. Bedek bone met genoeg water en laat dit oornag week. Dreineer en spoel goed af. Kook rooi en wit bone afsonderlik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lensies

Kook dit so:
Spoel die lensies onder lopende water af. Prut vir 20-30 min. Geur die lensies eers aan die einde met sout anders word dit taai. Suur bestanddele soos tamaties sal die kooktyd verleng.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Het jy vergeet?
As jy vergeet het om die bone oornag te week, volg net ons vinnige weekmetode:

1 Bedek die bone met water – die watervlak moet 2/3 hoër as die bone lê.
2 Kook vir 5 min.
3 Bedek weer met water en week vir nog 1 uur.

Koring en pêrelgort

Stampkoring word gemaak van heel, rou koringkorrels wat gebreek of in kleiner stukke gesny word.
Gort is ’n gesonde hoëvesel- en hoëproteïengraan.

Kook dit soos rys:
1 k graan in 2 k water of aftreksel met 1 t sout gegeur.

Het jy geweet?
Koeskoes uit Noord-Afrika word soos pasta van harde koringkorreltjies gemaak.

Kook dit so:
Gooi 1 k kokende water oor 1 k koeskoes met 1 e olyfolie en ’n knypie sout. Bedek met kleefplastiek, laat swel vir 10 min, maak los met ’n vurk.

Bulgur is koring wat gekraak, gekook en gedroog is.

Kook dit so:
Maak soos koeskoes gaar, maar gebruik 2½ k water op 1 k bulgur.

Quinoa word as die enigste graan beskou wat ’n volledige proteïen is en is veral goed vir algehele vegetariërs. Dit is glutenvry, veselryk en het ’n lae GI.

Kook dit soos rys:
gebruik 1 k graan op 2 k water met ’n knypie sout.

Maak ’n krummelkors

Grane soos Quinoa of Polenta kan gebruik word om ’n glutenvrye kors vir vis of hoender te maak:
1 Droog dit eers 1 rol eers in gegeurde mielieblom of rysmeel.
2 Vir die gom 2 rol dit dan in geklopte eier.
3 Vir die krakerige kors 3 rol dit nou in gaar quinoa.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.