Chanté Grainger, die talentvolle aktrise wat bekend is vir haar rolle in, onder meer, Arendsvlei, Suidooster en Summertide, maak Dinsdag haar verskyning in die kykNET&kie-telenovela Skemergrond.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Mienke Ehlers oor haar rol as Suidooster se nuwe waaghals
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Chanté vertolk die rol van Kirby, ’n vreeslose jong vrou wat ongelukkig in ’n moeilike situasie vasgevang is. “Sy het ’n baie goeie hart, maar haar behoefte om te oorleef en geld te verdien, het veroorsaak dat sy ’n werk aanvaar het wat teen haar beginsels is,” verduidelik Chanté.
Chanté beskryf Kirby as haar gunstelingkarakter van al die rolle wat sy al vertolk het. “Kirby is dinamies. Sy mag slegte dinge aan mense doen, maar jy sien dat sy eintlik omgee. Dis lekker om ’n booswig met ’n hart te speel. Ek wil nie te veel van die storie weggee nie, maar Kirby bring baie pret én hartseer saam met haar. Daar gaan definitief baie drama Gemoedsdrif toe kom!”
Die grootste uitdaging in haar vertolking van Kirby was om verskillende fasette van die karakter te ontrafel. “Kirby is konstant in acting mode omdat sy voor almal moet voorgee, maar daar is tye waar sy haar ware self wys. Ek moes maniere vind om tussen die twee te wissel. Dit was ’n goeie uitdaging, want dit het my baie geleer, en dit was ’n geleentheid om te groei as ’n aktrise.”
Chanté voel daar’s baie van haar eie persoonlikheid in Kirby, veral haar sagtheid en avontuurlustigheid. “Ek sal daarvan hou om te reis, net soos Kirby, maar ek sal nie mense te na kom vir geld nie. In daardie opsig verskil ons heeltemal. Kirby kan baie vinnig ’n leuen vertel, terwyl ek te senuweeagtig raak – jy sal agterkom as ek jok,” lag sy.
Vir haar is die beste deel van haar werk die mense saam met wie sy werk. “Ek het met akteurs gewerk wat ek as kind op televisie gesien het, en daardie gevoel amaze my altyd. Agter die skerms het ek mooi verhoudings gebou met die ander akteurs en span. Ek het baie tonele met Talia Davis, wat Amber Louw speel. Ons speel lekker saam en het ’n vriendskap buite werk ontwikkel.”
Chanté het groot planne vir die toekoms. Sy wil graag hierdie jaar deeltyds drama-onderrig gaan studeer. “Ek wil graag iets teruggee aan die volgende generasie van akteurs en kunstenaars,” sê sy. “Ek weet nie wat my volgende rol gaan wees nie, maar ek sien uit daarna om te oudisie en op ander stelle te werk.”
Skemergrond word Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai en is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.
Lees ook: 10 redes waarom jy die Maart-uitgawe van rooi rose móét lees!
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.