Langs hierdie besondere wasgoedlyne sal jy kunstenaars soos Les Javan, Rian Malan, Bacchus Nel, die rapper van Mitchells Plein Churchil Naudé, Dozi, Lochner de Kock, Andra Cilliers, André van Rensburg, Loit Sôls, Riku Lätti, Francois van Coke, Willim Welsyn, Ryno Velvet, Laurinda Hofmeyr, Piet Botha, Gert Vlok Nel, nog ’n paar Nelle en nog ’n klompie pelle kry. Om die wasgoedlyn word daar musiek gemaak en twak gepraat. Op Die Wasgoedlyn gaan alles gewys word wat die kyker nie verwag om te sien nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Daar is verskeie rare oomblikke soos Piet Botha wat op Lanseria-lughawe sing en amper sy vlug verpas, Liela Groenewald wat in ’n plakkerskamp in Lenasia sing, ’n bymekaarkoms in Mitchells Plain wat in ’n kulturele uitruiltransaksie ontaard, Ryno Velvet en Willim Welsyn saam met Dana Snyman, Laurinda Hofmeyr en C. Johan Bakkes in ’n tabakskuur in die Paarl, Dozi op sy plaas, Francois van Coke wat verstom, en nog veel meer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Die Wasgoedlyn beloof om te wys wat nog nooit voorheen gesien is nie. Die kunstenaars in hul natuurlike omgewing, by hul eie huise, om braaivleisvure saam met vriende, musiek maak, grappies maak en Afrikaans in net soveel meer fasette laat sing en praat.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die Wasgoedlyn skop af op kykNET Nou! (kanaal 146), op Donderdag 11 Augustus 2016 om 20:30. Daar is herhalings op Vrydae om 18:30, Saterdae om 21:30, Sondae om 17:00, Dinsdae om 16:30 en Woensdae om 12:00.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.