kategorieë: LeesOntspanning

Nuwe vervolgverhaal: Vlam

Hooffoto: MrKornFlakes/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die storie

Niekie Branders is ’n ervare misdaad- en militêre verslaggewer by Mediahuis. Sy is die dogter van die afgetrede, omstrede kol Niek Branders. Sy enigste kind uit ’n huwelik met Elsa, ’n voormalige skoonheidskoningin. As weermagkind pas haar beroep Niekie perfek. En as alleenkind wie se ma met ’n pierewaaier-akteur weggeloop het, vermy sy obsessief die wêreld van glans waarop haar ma so versot was.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Al wat sy van haar ma geërf het, is haar koperrooi digte bos krulhare, lenige lyf en mooi bene, wat sy onder cargo pants en jeans wegsteek.

Sy het haar pa se uitsonderlike grasgroen oë, koppigheid, determinasie en, helaas, ook sy humeur gekry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sy verafgood haar pa en is trots op sy militêre geskiedenis as grensheld in Angola. Vir hom is sy die plaasvervanger vir die seun wat hy begeer het.

Niekie het ’n bekroonde loopbaan as misdaad- en militêre joernalis agter die blad en het ’n jarelange, vurige, maar onstuimige aan-en-af verhouding met die Franse militêre fotograaf Marco Momple. Laasgenoemde is ’n egte Camel-man, wat leef vir vinnige motors, oorlogsones, wilde partytjies … en die rooikop wat hy nog wil tem.

Wanneer Niekie se nuusredakteur, Piet Gouws, haar inroep vir ’n spesiale opdrag in Europa, word sy gekonfronteer met ’n oorlogsone van ’n ander aard.

Marco gaan daar wees, weet sy, en sy sweer sy gaan nie weer toelaat dat hy haar hart oordonder nie. Sy neem haar voor om soos ’n neet aan die broederlike beskerming van haar fotograaf, Henk Zeeman, te klou. Henk is die soort ou wat haar nooit in die steek sal laat nie, weet sy.

Maar sy het nie rekening gehou met die kurwebal wat haar opdrag na haar gaan gooi nie.

Duard Wayne, die geswore aksieman van Hollywood, het ’n ekslusiewe onderhoud aan Mediahuis afgestaan oor die grensoorlogfliek wat ’n rolprenthuis van Los Angeles in Angola en Suid-Afrika kom skiet. Niekie moet by die Cannes rolprentfees ’n onderhoud gaan doen met die “wannabe-soldaat”, soos sy hom noem.

Niek Branders is een van die oud-weermagmanne wie se bloed kook oor die Amerikaners dit durf waag om ’n fliek oor “hulle storie” wil kom maak.

Die onderhoud in Cannes veroorsaak meer vuurwerke as wat die stad van glansmense nog ooit gesien het.

En as die Amerikaners aan die Suidpunt van Afrika kom “oorlog speel”, soos Niek dit noem, beland Niekie in ’n spervuur wat sy nie voorsien het nie …

Hou ons op Vrydae dop vir die volgende heerlike hoofstuk van dié vervolgverhaal.

Klik hier vir die hoofstukke:

Hoofstuk 1: Die opdrag

Hoofstuk 2: Die kontrak

Lees ook ons ander vervolgverhale: Klik hier

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

9 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.