kategorieë: TrendsMode

Oefen-aankope om jou jaar (en oefenroetine) ‘n hupstoot te gee

Oefen-aankope om jou jaar (en oefenroetine) ‘n hupstoot te gee deur Susra Matthee en Bea Lingenfelder. Hooffoto: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Meer as net ‘n hardloop-skoen

Die Machina ontwerp van Under Armour kombineer die gemak van ’n langafstand drafskoen, met die spoed-element van ’n hardloopskoen. Net wat jy nodig het om jou ’n hupstoot in 2020 te gee.

Die skoenreekse wat hierdie jaar onder die “run suite”bekendgestel word, is digitaal gekoppel sodat kopers nie net hul oefening kan monitor nie, maar ook insig in hul vorm van stap te kry. Hoe? In Februarie het Under Armour ’n regstreekse, virtuele “afrigter” bekendgestel, naamlik Form Coaching. Hierdie verpersoonlikte funksie bied leiding en hulp aan gebruikers om hul postuur en styl tydens stap of hardloop te verbeter. Daar is talle ander funksies ook by die skoen ingesluit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Jy kan in net ses minute (en by die huis!) goeie oefening kry

(R2 999) Beskikbaar teen Junie by winkels wat Under Armour-produkte aanhou

Vir elkedagse oomblikke

Die nuwe winter-herfsreeks van HI-TEC vang die oog met ’n gebalanseerde mengsel tussen helder en neutrale kleure en sagte patroonafdrukke.

HI-TEC-kledingstukke is ontwerp om goed te voel teen jou vel sodat jy dit met gemak kan dra, selfs ná jou oefensessie. Jy sal nie net mooi lyk nie, maar ook goed voel met die gemaklike snitte. Die ontwerpe bestaan uit hooggesnyde spanbroeke, sportbra’s wat uitstekende ondersteuning en bedekking bied, en ligte katoenhemde wat jou vel laat asemhaal.

Dit is vanaf Junie aanlyn beskikbaar by www.hi-tec.co.za  en alle HI-TEC-winkels.

Lees ook: Die 5 beste oefeninge vir ’n ferm agterstewe

P.E NATION X H&M

Die Sydney-gebaseerde handelsmerk, P.E Nation, is bekend vir hul veelkleurige en modieuse oefenklere en is die topkeuse vir moderne vroue regoor die wêreld. Die P.E NationXH&M-versameling bestaan uit klere, swembroeke, onderklere en bykomstighede in meer volhoubare materiale. Dit is ontwerp in samewerking met die H&M-span en is beskikbaar in die V&A Waterfront en Canal Walk.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.